Agri Inspec


Agri Inspec, ‘n forensiese ondersoekmaatskappy is sowat 15 jaar gelede deur die MPO gevestig nadat ‘n leemte ten opsigte van die monitering en beheer van onwettige en substandaard suiwel invoere geïdentifiseer is.
Agri Inspec werk nou saam met rege­ringstrukture in Suidelike Afrika om finansiële bedrog en internasionale handelsongerymdhede bloot te lê.

Dit is Agri Inspec se missie om te verseker dat alle relevante transaksies, invoer ingesluit, en ad hoc-ondersoeke met betrekking tot die maatskappy se kliënte, op ‘n regverdige grondslag plaasvind.

Hoofaktiwiteite

Agri Inspec se hoofaktiwiteite ten opsigte van forensiese ondersoeke in die landboubedryf, is dataverkryging, inligtingverkryging, ondersoekwerk, oudits en navorsing.
Die maatskappy dien die grootste gedeelte van die landbousektor se verskillende bedrywe, onder meer die biochemiese, vervoer-, pasta-, vars produkte-, drank-, kunsmis-, droëbone-, suiwel-, pluimvee-, rooivleis-, varkvleis- en die suikerbedryf. Gedurende sy ondersoeke, maak Agri Inspec ook deel uit van forensiese spanne en hier werk die maatskappy nou saam met die departemente van gesondheid, van landbou, bosbou en visserye, handel en nywerheid, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Op die internasionale front is Agri Inspec se ­dienste al in die Verenigde State, Zimbabwe, Zambië en ­Swaziland gebruik en het die maatskappy ook ’n kantoor in Namibië.

Agente teen onwettige invoere

Die maatskappy bied ’n verskeidenheid ­dienste aan die landboubedryf, insluitend markbeskerming, onwettige invoer-ondersoeke, beleggingsontledings, gehaltebeheer in voedsel, en ekonomiese ontledings om te verseker dat die storting van kommoditeite nie Suid-­Afrikaanse markte nadelig beïnvloed nie.

Die maatskappy is aktief betrokke by alle punte van binnekoms in die land, insluitend grensposte, hawens en lughawens en dus is dit tans byna onmoontlik om ongemerk suiwelprodukte in te voer. Voorts het Agri Inspec ‘n uitgebreide netwerk van beriggewers en agente wat verantwoordelik is vir die verkryging van volledige relevante inligting wat die grondslag van forensiese ondersoekwerk en evaluering van transaksies is.   

Alhoewel Agri Inspec grotendeels op landbouprodukte fokus kan ongerymdhede ontstaan tydens die invoer van enige ander produkte en indien daar min of geen beskerming in daardie produk se bedryf bestaan nie, kan die vlakke van onwettige invoere baie hoog raak. Sommige lande maak hulle ook meer skuldig aan onwettige uitvoere as ander.

Agri Inspec is deur sekere staats­instellings in Namibië gemagtig om besen­dings te inspekteer en boetes uit te reik. Die maatskappy het ook ’n permanente kantoor in ­Namibië gevestig aangesien bedrywig­hede daar sodanig toe­geneem het dat lang­afstandbeheer moeilik geword het.

Besturende Direkteur Agri Inspec

Bertus van Heerden
Tel: 012 843 5600
Sel: 083 300 3667
bertus@agriinspec.co.za

 



MPO Nuusbrief
13 April 2012

MPO Newsletter
30 Maart 2012

MPO Nuusbrief
23 Maart 2012

MPO Nuusbrief
16 Maart 2012

MPO Nuusbrief
9 Maart 2012

MPO Nuusbrief
2 Maart 2012

MPO Nuusbrief
24 Februarie 2012

 

 

 

© Copyright http://www.mpo.co.za - Website by Web Design Pretoria