Cendel, soos die MPO se Sentum vir Produsente-ontwikkeling bekend staan, is in 2007 op die been gebring. Cendel werk baie nou saam met die Instituut vir Suiweltegnologie veral met betrekking tot die opleiding van ontwikkelende boere, veldbeamptes en plaaswerkers. Ontwikkelende boere word bemagtig deur Cendel se mentorskapprogramme.
Die omvang van mentorskap wissel van bestaansboerderyvlak tot kommersieel lewensvatbare projekte. Die MPO is aktief betrokke by 12 projekte in die Wes Kaap, Noordwes Provinsie en Vrystaat. Die befondsing van die koste van hierdie mentorskapprogramme geskied deur Agriseta, provinsiale departemente van landbou asook ‘n statutêre heffing wat deur Melk SA geadministreer word.
Mentorskappe vir kleinboere
CenDel se hoofdoelwitte met sy mentoskapprogramme is soos volg:
- Mentor van opkomende en ontwikkelende boere deur ervare kommersiële melkprodusente.
- Diegene wat gementor word, word gelei en bemagtig om hulle boerdery-ondernemings te verbeter.
- Spesifieke behoeftes word aangespreek met die klem op areas soos verbeterde produktiwiteit, voer voorsiening en marktoegang.
- Diegene wat gementor word, word voorgestel aan diensverskaffers en ander rolspelers.
Bestuur van geleenthede
Cendel is ook ‘n aandeelhouer van en betrokke by die organisering van die belangrike Suid Afrikaanse Large Herds Conference wat elke tweede jaar plaasvind en die grootste suiwel ekspo in Afrika die All Africa Dairy Expo. Voorts organiseer Cendel ook die jaarlikse MPO Nasionale Konferensie en Gala Toekenningsdinee. Die Wêreld Suiwel Spitsberaad vind vanjaar in Kaapstad plaas van 4-8 November en Dr Nico Schutte van Cendel het die kontrak gekry om hierdie belangrike geleentheid te reël (Klik op die beeld hieronder om die WSS 2012 webtuiste te besoek)
Melkboerdery bestuurskursusse
Pasgemaakte kursusse vir melkplaas bestuurders word ook op aanvraag aangebied.

Kliek hier vir CenDel brosjure 2010
|