Wat doen die MPO?

Wat doen die MPO?
Die Melkprodusente-organisasie (MPO) het, sedert die oorname van die Melkraad se funksies op 1 Januarie 1998, gegroei tot Suid-Afrika se voorste bedryfsorganisasie. Die MPO verteenwoordig en bemagtig melkprodusente deur ’n verskeidenheid innoverende dienste aan en namens melkprodusente te lewer.

Die MPO is ’n organisasie wat voortdurend aanpas om tred te hou met die veranderende behoeftes van melkprodusente in ’n dinamiese landbou-omgewing. Die MPO beskik oor bekwame en kundige personeel wat spesialiste in hulle onderskeie velde is. Die demokraties verkose direksie speel ’n belangrike rol in die strategiese fokus van die organisasie as verteenwoordiger van die melkprodusent.

Die MPO fokus op vyf strategiese kernfunksies:

  • Markbeskerming en -ontwikkeling
  • Kommunikasie
  • Tegnologie-oordrag
  • Inligting
  • Beskerming van ledebelange.

Die WêRELDSUIWELSPITSBERAAD Kaapstad 2012.

Die Suid Afrikaanse Nasionale Komitee van die Internasionale Suiwelfederasie (SANKISF) het die bod om die WêRELDSUIWELSPITSBERAAD in 2012 aan te bied verower. Die geleentheid vind plaas by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum vanaf 4 tot 9 November 2012. Meer as 1 000 afgevaardigdes wat meer as 50 lande verteenwoordig sal na verwagting die geleentheid bywoon. Die MPO sal deur sy filiaalmaatskappy Cendel die leidende rol speel in die aanbieding van die Spitsberaad.

MPO National Congress - Fern Hill KZN programme final.pdf
Click to Download

MPO National Congress Fern Hill KZN Registration form.pdf
Click to download


 

MPO Nuusbrief
17 Februarie 2012

MPO Nuusbrief
10 Februarie 2012

MPO Nuusbrief
3 Februarie 2012

MPO Nuusbrief
27 Januarie 2012

MPO Nuusbrief
20 Januarie 2012

MPO Nuusbrief
13 Januarie 2012

MPO Nuusbrief
19 Desember 2011

MPO Nuusbrief
2 Desember 2011

MPO Nuusbrief
25 November 2011

 

 

 

 

 

© Copyright http://www.mpo.co.za - Website by Web Design Pretoria