Vir melkprodusente om winsgewend melk te produseer, moet die speelveld gelyk wees. Daarom is markbeskerming vir die MPO ’n prioriteit.
Die MPO beskerm die melkprodusent se mark deur:
- Te onderhandel vir die beste moontlike invoertariewe in forums soos die advieskomitees, die departement van landbou, bosbou en visserye se Landbouhandelsforum, en die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac). Dit beskerm melkprodusente se prys met sowat 45 sent per liter.
- Deurlopend ongerymdhede met betrekking tot elke invoerbesending suiwelprodukte te identifiseer, en daarteen op te tree.
- Die mark te beskerm teen die ontwrigtende uitwerking van suiwelprodukte wat weens doeanebedrog, teen abnormale lae pryse ingevoer word.
- Te verhoed dat ingevoerde substandaard produkte die beeld van suiwelprodukte skaad en verbruik laat afneem. Hierdie produkte word uit die handel verwyder.
- Uitvoere te bevorder deur die MPO se uitvoer-adviesdiens en die taakspan vir uitvoersertifisering.
- Die beeld van die melkprodusent te bevorder.
- Inisiatiewe soos die nasionale Skolemelkdag van stapel te stuur en ’n bewustheid by die regering te skep oor die belangrikheid van suiwel in kinders se dieet.
- Saam met ander rolspelers, strategiese generiese reklame vir suiwelprodukte te doen om sodoende verbruik te bevorder.
 |
MPO Markbeskerming & Ontwikkeling
Barbara Bieldt
Tel: 012 843 5600
Sel: 083 235 2629
barbara@mpo.co.za |
|