Instituut vir Suiweltegnologie


‘n Kritiese leemte bestaan ten opsigte van kapasiteit bou in die transformasieprosesse gerig op opkomende en potensiële boere in Suid Afrika. ‘n Groot behoefte bestaan ook vir opleiding en die veskaffing van gesonde advies aan die opkomende veesektor. Ten einde hierdie tekortkoming aan te spreek bied die Instituut vir Suiweltegnologie van die Melkprodusente- Organisasie opleiding en oordrag van vaardighede aan alle opkomende en potensiële veeboere. Die Instituut is betrokke by die opleiding, tegnologie-oordrag en vaardigheisontwikkeling van kommersiële en opkomende veeboere.

 Al die beskikbare inligting, opleidingsmateriaal en –programme word aan alle opkomende en potensiële veeboere gebied in ‘n poging om lewensvatbare agri-besighede te ontwikkel. Die meriete van hierdie opleiding, tegnologie-oordrag kry sy beslag in die bemagtiging (verligting van armoede, opheffing) van potensiële en opkomende boere as deel van die voedselvoorsieningsketting.  

Die Instituut se een-stop diens sluit dieregesondheid, versorging van plaasdiere, bokboerdery, veekunde, produktiwiteit en die vryemarkstelsel, motivering en werksetiek, uiergesondheid, melkproduksie, finansiële bestuur, melkwinning, melkgehalte, melkaantekening, melkhigiëne, entstowwe en immunisering, voeding, teling, reproduksie, opleiding (verskeie kursusse ), ontwikkeling van vaardighede en tegnologie-oordrag.

Die teikengroepe/sektore vir die opleiding en tegnologie-oordrag wat deur die Instituut aangebied word, is: 

    • Opkomende en potensiële melkprodusente en veeboere
    • Opkomende en potensiële melkprodusente en veeboere wat betrokke is by     deel –melk boerderye en deel-melkerye
    • Werknemers van kommersiële boere
    • Assistente, bestuurders en toesighouers.

    (Klik hier vir Brosjure)

    (IST opleidingskursusse 2012)

Besturende Direkteur Instituut vir Suiweltegnologie

Dr Jan H. du Preez
Tel:  012 843 5600
Faks:  012 804 5376
Sel:  083 656 3638
Jan.dupreez@mpo.co.za

 

Jas Wasserman

Tel: 012 – 843 5743
Faks: 012 – 804 5376
Sel: 082 490 2465
jas@mpo.co.za

 


MPO Nuusbrief
13 April 2012

MPO Newsletter
30 Maart 2012

MPO Nuusbrief
23 Maart 2012

MPO Nuusbrief
16 Maart 2012

MPO Nuusbrief
9 Maart 2012

MPO Nuusbrief
2 Maart 2012

MPO Nuusbrief
24 Februarie 2012

 

 

 

© Copyright http://www.mpo.co.za - Website by Web Design Pretoria