2020 LNR MEESTER SUIWELBOERTOEKENNINGS

 

Die jaarlikse Landbou Navorsingsraad (LNR) se Nasionale Meester Suiwelboer toekenningsgeleentheid is op Woensdag 21 Oktober 2020 as ‘n virtuele geleentheid aangebied deur Agri-Expo, namens die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR. Die gesogte kompetisie vier Suid-Afrika se beste kommersiële en kleinskaal presteerders in die bedryf en word deur verskeie sleutelrolspelers as ‘n hoogtepunt op die land se landboukalender beskou.

Die toekenningsgeleentheid is geopen deur dr Shadrack Moephuli, LNR-President en uitvoerende hoof. Hy het die belangrikheid van voortgesette belegging in navorsing en ontwikkeling beklemtoon, om tegnologies gevorderde instrumente vir die verbetering van diere te verseker, veral vir doeltreffende seleksie en teling in ‘n era van verhoogde landbourisiko’s. Dr Moephuli het erkenning gegee aan die aanpasbaarheid en innovasie van suiwelboere in die lig van daaglikse uitdagings soos ‘n verminderde vraag as gevolg van die Covid-19-pandemie inperking. “Droogte het boere gedwing om na alternatiewe produksiestelsels te kyk en die teling van droogtebestande voerkultivars het ‘n prioriteit geword,” het dr Moephuli gesê.

Volgens dr Jakkie du Toit, Navorsingsbestuurder van die LNR Melkaantekening- en Verbeteringskema, is die doel van die Meester Suiwelboer kompetisie om erkenning te gee aan die land se beste presteerders in die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasietoetsing as instrumente. Wenners word in verskeie kategorieë bekroon.

Die wenners van vanjaar se LNR se Meester Suiwelboer Toekennings is:

  • LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2020:

PE Loubser (Johannes Loubser), Durbanville, Wes-Kaap

LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2020: Breyton Milford (Operasionele bestuurder van Agri-Expo), Johannes Loubser (PE Loubser, Durbanville, Wes-Kaap) en dr Jakkie du Toit (Navorsingsbestuurder van die LNR Melkaantekening- en Verbeteringskema). Foto: Agri-Expo

  • LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2020:

MJ Zim (wyle Jan Zim), tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat

LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die jaar 2020: Dr Andrew Magadlela (LNR Groep Bestuurder: Diere Wetenskappe), wyle Jan Zim en Nompe Ida Zim (MJ Zim, Kestell, Vrystaat), en prof Norman Maiwashe (LNR-Hoofbestuurder: Diereproduksie) by die 2019-toekenningsfunksie. Foto: Landbouweekblad

  • LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur ‘n Suiwelprodusent van die Jaar 2020:

Fort Hare Dairy Trust, Alice, Oos-Kaap

LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur ‘n suiwelprodusent van die jaar 2020: Mmaphuti Setati (Adjunkdirekteur: Diereverbetering, Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling), Jeanet Rikhotso (Fort Hare Dairy Trust, Alice, Oos-Kaap) en Riaan van der Walt (Meadow Feeds) by die 2019-toekenningsfunksie. Foto: Landbouweekblad

  • LNR Nasional Kudde met die beste somatiese seltelling 2020:

E Zeeman (Etienne Zeeman), Swellendam, Wes-Kaap met 155 000 selle / ml

LNR Nasionale kudde met die beste somatiese seltelling 2020: Dr Andrew Magadlela (LNR-Groepbestuurder: Diere Wetenskappe), Etienne Zeeman (E Zeeman, Swellendam, Wes-Kaap) en Joel Mamabolo (Direkteur: Diereproduksie, Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling) by die 2019-toekenningsfunksie. Foto: Landbouweekblad

  • LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode 2020:

Tweekop Boerdery (Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp), Swellendam, Wes-Kaap met ‘n tussenkalfperiode van slegs 376 dae

LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode 2020: Pieter Steenkamp, ​​Dirk van Papendorp en Arno Steenkamp (Tweekop Boerdery, Swellendam, Wes-Kaap). Foto: Landbouweekblad

Dr Andrew Magadlela, LNR Groepbestuurder: Diere Wetenskappe, het in sy bedanking erkenning gegee aan die strategiese vennote van die geleentheid, insluitend Mooketsa Ramasodi, Adjunkdirekteur-generaal (DDG): Landbouproduksie, gesondheid en voedselveiligheid, en die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Nova Feeds, Meadow Feeds, Afgri Feeds, Allflex, Warwick Estate, OK Foods, Darling Romery en Vredenheim Wines.

Belangstellendes kan steeds die virtuele toekenningsgeleentheid kyk by  www.livestock.org.za/arcmasterdairymanawards.

Die LNR se Nasionale Melkopname- en Verbeteringskema speel ‘n kritieke rol in die suiwelbedryf deur die verskaffing van genetiese verbeteringsdienste, wat geakkrediteer is deur die Internasionale Komitee vir Diereopname. Die doel van die skema is om die volhoubaarheid en winsgewendheid van produksie te verbeter, wat uiteindelik bydra tot voedselsekerheid, werkskepping en die ontwikkeling van menslike kapitaal. Vir meer inligting, kontak dr Jakkie du Toit by dtoitj@arc.agric.za of 021 809 3515.

Die finaliste in die onderskeie kategorieë was:

LNR streeksfinaliste vir kleinskaal Meester Suiwelboer van die jaar 2020

  • Loyiso Consultants Projects, Kokstad, KwaZulu Natal
  • MJ Zim, Kestell, Vrystaat

LNR streeksfinaliste vir Meester Suiwelboer van die Jaar 2020

  • JK Basson Familie Trust, Darling, Wes-Kaap
  • Rhodes Food Group, Simondium, Wes-Kaap
  • PE Loubser, Durbanville, Wes-Kaap
  • Sieberhagen & Seuns, Cradock, Oos-Kaap
  • Robertson Broers, Karatara, Wes-Kaap
  • Foundation Jersey Farm, Weenen, Kwazulu Natal
  • JF Theron, Barrydale, Wes-Kaap
  • J & H Sieberhagen, Cradock, Oos-Kaap
  • JJ Nel Familie Trust, Ladismith, Wes-Kaap
  • HJ Rall, Barrydale, Wes-Kaap
  • RB Redelinghuys Jnr, Heidelberg, Gauteng
  • Keyser Boerdery, Heidelberg, Wes-Kaap
  • Fredskraal Holsteins, Port Elizabeth, Oos-Kaap
  • E Zeeman, Swellendam, Wes-Kaap
  • Tweekop Boerdery, Heidelberg, Wes-Kaap
  • Drie Susters, Durbanville, Wes-Kaap
  • Fort Hare Dairy Trust, Alice, Oos-Kaap

Uitgereik namens die die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR deur

Isabeau Botha

Korporatiewe Kommunikasiebestuurder

Agri-Expo

isabeau@agriexpo.co.za

021 975 4440/072 247 5868

www.agriexpo.co.za

 

Published on Friday, 23rd October 2020 - 05:48

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer