5 kernfeite wat jy van beesbrusellose

5 kernfeite wat jy van beesbrusellose
(Besmetlike misgeboorte – BM) behoort te weet

  1. Dit is ‘n kuddesiekte! Die siekte bedreig die volhoubaarheid van veekuddes in Suid-Afrika. As een dier in jou kudde positief toets vir brusellose, word die hele kudde as positief beskou en onder kwarantyn geplaas. Dit is omdat die siekte wat deur die bakterie Brusellose veroorsaak word, kronies (lang termyn) van natuur is en kliniese tekens lank vat te manifisteer. Diere wat die eerste keer negatief toets, kan dikwels positief toets op ‘n volgende rondte toetse. Daar is geen behandeling vir die siekte nie en alle gevalle moet aan die Staat Veterinêre Dienste gerapporteer word omdat dit ‘n gekontroleerde siekte is.
  2. Die siekte affekteer jou beursie! Beeste wat besmet is mag abborteer, wat beteken dat jy potensiële gesonde kalwers en produksie verloor. Kalfintervalle is dikwels verleng, wat beteken dat minder kalwers per koei per jaar gebore word. Melkproduksie verminder, wat beteken dat daar minder melk verkoop word (melkerye), of vir kalwers beskikbaar is (vleisbeeste). Tydens kalwing en aborsies word miljoene  Brucella bakterieë in die omgewing vrygestel wat ander diere kan aansteek.
  3. Jy kan ‘n ramp inkoop! Dring daarop aan om slegs diere wat van kuddes af kom wat die afgelope jaar negatief vir brusellose getoets het. Eis bewys van die toetsuitslae. Ideaalgesproke moet alle nuut aangekoopte diere eers onder kwarantyn geplaas word voordat hulle met die res van die kudde meng. Moenie die oorsaak van jou eie toekomstige probleme wees nie.
  4. 4.Mense kan siek word! Brucella bakterieë kan mense ook besmet en koors, griepsimptome en kroniese siekte veroorsaak. Mense kan besmet word deur te help met besmette kalwings, die hantering van besmette plasenta of aborsies, die drink van ongepasteuriseerde melk van besmette diere en deur  besmette diere tuis te slag. Mans en vroue se vrugbaarheid kan aangetas word.
  5. Inenting is ‘n vereiste! Die Dieresiekte Wet, 1984 (Wet Nr. 35 van 1984) bepaal dat alle verskalwers tussen die ouderdom 4-8 maande ingeënt moet word met ‘n effektiewe, geregistreerde middel (S19 vanaf OBP of RB51 vanaf MSD). Dit versterk ‘n koei se immuunreaksie teen die siekte en help om jou kudde en belegging te beskerm.

Published on Sunday, 13th August 2017 - 18:44

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer