AGRI INSPEC ONDERSOEK MANANGA-GRENSPOS RAKENDE SUIWELINVOERE

 

MPO AANWYSER 12/17 September 2020

LAgri Inspec maak gebruik van hoërisikofilters en tegnieke wat as vroeë waarskuwingstekens dien, as drastiese verandering in die invoerlandskap van die suiwelsektor plaasvind. Handelstransaksies volg gewoonlik ’n gereelde patroon, en enige afwyking van die patroon maak dit moontlik om vinnig statistiese uitskieters of nuwe ontwikkeling te identifiseer.

Een van die resultate van die COVID -19 pandemie is die opbou van sekere suiwelprodukte se voorraadvlakke in die belangrikste lande wat suiwel uitvoer. Dit het Agri Inspec aangespoor om die pogings te verskerp om alle beskikbare inligtingsbronne deur te werk en data-ontginning te doen om ongewone ontwikkeling in suiwelinvoere te identifiseer. Vroeër vandeesmaand is die invoer van afgeroomde melkpoeier (AMP) van lae pryse uit die Europese Unie geïdentifiseer as ’n risiko vir die bedryf.

In Junie 2020 is ’n vroeë waarskuwingsteken geaktiveer om ’n patroonverandering by die Mananga-grenspos (met Eswatini – Swaziland) teen die basislyn te identifiseer.

Bron: Statistiek SA

In die bostaande grafiek vorm die 2019-invoerpersentasies die basislyn, teenoor die maandelikse waardes vir Mei, Junie en Julie.

Die grenspos van Mananga is gewoonlik dormant wat die invoer van suiwel betref, soos geïllustreer in die basislyn vir 2019. In Mei en Junie 2020 is amptenare egter gewaarsku deur werklike invoeraktiwiteite vir suiwelprodukte by die grenspos. Die invoer is daarna in Julie gestaak en die ondersoek vorder goed.

Bertus van Heerden, bestuurder Agri Inspec

Laai die MPO Aanwyser 12 17 Sep 2020pdf hier af.

Published on Monday, 21st September 2020 - 13:04

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer