Beauty small Newborn calf on green grass

COVID-19, INPERKING EN DIE WERKGEWER deur Christo Bester

 

President Cyril Ramaphosa het op 23 Maart 2020 ’n nasionale inperking aangekondig wat vanaf middernag 26 Maart 2020 tot middernag 16 April 2020 gegeld het. Op 9 April 2020 is die nasionale inperking verleng to middernag 30 April 2020.

Slegs ondernemings wat as noodsaaklike dienste gekategoriseer is, kon ten volle operasioneel bly gedurende die inperkingsperiode. Hierdie kategorieë is gepubliseer in die Staatskoerant, sien Bylae B op bladsy 10.

Neem kennis dat werknemers in hierdie kategorieë deurlopend ’n permit moes kon toon as bevestiging dat hulle optrede nie strydig was met die regulasies van die nasionale inperking nie.

Melkboere as noodsaaklike dienste

Melkboere is gekategoriseer as noodsaaklike dienste onder Bylae B van die Staatskoerant en is gemagtig om ten volle operasioneel te bly gedurende die inperkingsperiode. Hierdie inperkingsperiode het ‘n wye impak op besighede wat wissel van plaas tot plaas, want elke besigheid is uniek. Ons moedig werkgewers aan om nie net generiese advies of inligting te aanvaar nie – maar om die beste oplossing vir jou besigheid en jou plaas te kry. Deur die arbeidsrisiko proaktief te addresseer, kan die werkgewer geweldig bydra tot die besigheid se volhoubaarheid en winsgewindheid en ‘n werksomgewing verseker wat konflik verminder, misverstande vermy, en daardeur ‘n gestruktureerde werksomgewing skep wat ontvanklik is vir groei.

Inperking en werkvolume

Melkboere, as werkgewers, is bekommerd oor die volhoubare voorsetting van normale besigheidstake gedurende inperkindsperiode, spesifiek in gevalle waar die volume van normale werk negatief beinvloed is. Dit is belangrik om in ag te neem dat elke plaas uniek is en werkgewers se unieke omstandighede sal die gepaste oplossing bepaal. Dit is krities dat werkgewers die korrekte prosedure volg. Die opsies sluit in:

  • Werkgewers kon die beginsel van “geen werk geen betaling” toepas – werknemers sou dan tydelik afgelê word weens operasionele vereistes wanneer ondernemingsaktiwiteite tot stilstand gekom het. Werknemers was geregtig om werkloosheidsversekeringsfonds- (WVF) voordele te eis vir hierdie tydperk teen die COVID-19 tydelike werkgewer-/werknemerverligtingskema.
  • Werkgewers kon korttyd implementeer wanneer die normale werksvolume drasties afgeneem het, maar daar steeds aktiwiteite moes plaasvind. Werknemers sou dus minder ure werk en sou dienooreenkomstig vergoed word vir ure gewerk. Werknemers was geregtig om WVF-voordele te eis vir hierdie tydperk. Dit was belangrik dat hierdie aktiwiteite nie teenstrydig was met die regulasies in terme van die nasionale inperking nie.

WVF-hulpgids

’n Gebruikersvriendelike hulpgids (easy aid guide) is vrygestel deur die Departement van Indiensneming en Arbeid met betrekking tot die eis van WVF-voordele. ‘n COVID-19 TERS hulpgids is ook beskikbaar gemaak met die doel om werkgewers te ondersteun met finansiele bystand.

Government Gazette 25.03.2020

Government Gazette 26.03.2020

Laai ‘n voorbeeld van die PERMIT hier af

UIF National Disaster Benefits_Corona_March 2020

UIF Easy Aid Guide COVID19TERS

 

VRA JOU ARBEIDSKOLOMVRAAG

COVID-19: WAT IS DIE WERKGEWER SE REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE?

Met dié dat die COVID-19 virus ook in Suid-Afrika gediagnoseer is, word dit belangrik vir werkgewers om te weet wat hulle regte en verpligtinge is teenoor werknemers en ander persone wat die werkgewer se ondernemingsperseel betree. Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (85 van 1993) plaas ’n uitdruklike verpligting op die werkgewer om ’n veilige en gesonde werksomgewing te skep en te handhaaf.

Gegewe die feit dat die COVID-19 virus ’n ernstige aansteeklike virus is en as ’n internasionale pandemie verklaar is waar die Wêreldgesondheidsorganisasie vereis dat ’n geïnfekteerde persoon onder kwarantyn geplaas word, sal ’n werkgewer weens hierdie mediese feite geregverdig wees om ’n werknemer te verplig om mediese toetsing te ondergaan. Mediese toetsing kan egter slegs toegepas word op werknemers wat simptome toon van ’n infeksie.

‘n Werknemer is vermoedelik geïnfekteer met die COVID-19 virus

Die werkgewer het die reg om ’n mediese ongeskiktheidskonsultasie te doen en ’n formele mediese verslag aan te vra om te bepaal of die werknemer geskik is vir diens. Hierdie inligting moet natuurlik vertroulik gehanteer word en wetgewing stel streng riglyne wanneer hierdie proses gevolg word.

’n Mediese praktisyn het bevestig dat ’n werknemer wel geïnfekteer is met die COVID-19 virus

Sodra ’n mediese praktisyn bevestig dat ’n werknemer met die COVID-19 virus geïnfekteer is, moet die werknemer onder kwarantyn geplaas word en sal hierdie tydperk van afwesigheid as siekteverlof geag word (’n mediese sertifikaat moet by die werkgewer ingedien word). Indien die werknemer nie siekteverlof tot sy/haar beskikking het nie, sal jaarlikse verlof en/of onbetaalde verlof hiervoor aangewend word. ’n Werknemer moet nie toegelaat word om terug te keer werk toe nie alvorens ’n mediese dokter bevestig het dat die werknemer geskik is vir diens.

Wat is die werkgewer se verantwoordelikheid teenoor ander werknemers?

Wanneer daar ’n bevestigde geval in die werksplek is waar ’n werknemer met die COVID-19 virus geïnfekteer is en onder kwarantyn geplaas is, het die werkgewer ook ’n verantwoordelikheid teenoor ander werknemers en moet die volgende gebeur:

  • Meld die insident aan by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD).
  • Verplig alle werknemers om mediese toetsing te ondergaan (geregverdig weens mediese feite onder buitengewone omstandighede).
  • Afhangende van bogenoemde uitslae en terugvoer vanaf die NICD sal die werkgewer moontlik die onderneming vir ’n spesifieke periode moet sluit.

Wees proaktief

’n Infeksiebeheerprogram kan opgestel word vir die werksplek waarin die volgende aspekte aandag kry:

  • Die ontwikkeling van ’n infeksiebeheerplan na aanleiding van ’n risikobepaling;
  • Implementering van omgewingskontroles, soos om voldoende ventilasie te verseker; hoeshigiëne; gebruik van ultravioletlig-ontsmetting van die lug; fasiliteite om hande te was; ensovoorts.
  • Identifiseer werknemers wat moontlik deur die COVID-19 virus geïnfekteer is en eis dat die werknemer onmiddellik mediese toetsing ondergaan vir moontlike diagnose en behandeling; en

Verseker die gebruik van maskers, handskoene, ontsmettingsmiddels, ensovoorts. Enige gebruik van toerusting of hulpmiddels is vir beskerming en kan help om die verspreiding van aansteeklike siektes/virusse te beperk.

Published on Sunday, 12th April 2020 - 07:47

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer