COVID-19 EN SIEKVERLOF deur Christo Bester

Werkgewers vaar deur onbekende waters sedert die nasionale inperkingstydperk afgekondig is einde Maart 2020.  Die inperkingstydperk is geïmplementeer om die verspreiding van die COVID-19 virus hok te slaan en tyd te wen om die kapasiteit van Suid-Afrika se gesondheidstelsel voor te berei om COVID-19 gevalle te kan akkommodeer.

Met die daaropvolgende verskillende vlakke van waaksaamheid wat geïmplementeer word, mag meer besighede op verskillende kapasiteitsvlakke besigheid doen en mense se bewegings word minder beperk.  Dit hou verband met ‘n verhoogde risiko van infeksie.  Som-mige werknemers sal COVID-19 simptome toon en/of postief toets.  Werkgewers moet verseker dat hierdie gevalle bestuur word in lyn met die vereistes gestel deur arbeidswetgewing en Staatskennisgewings ten opsigte van COVID-19 beroepsgesondheid en -veiligheidsmaatreëls.

BETAALDE SIEKVERLOF

Die Gesondheid- en Veiligheidsdirektief wat op 28 April 2020 uitgereik is, bepaal dat wanneer ‘n werknemer die werkgewer inlig van, of COVID-19 simptome toon, die werknemer op siekverlof geplaas moet word in terme van Artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.  Die werknemer moet dan getoets word vir die virus en ‘n mediese sertifikaat aan die werkgewer voorsien:

  • Indien die werknemer positief toets vir COVID-19, sal die aantal dae betaalde siekverlof verskil van werknemer tot werknemer, afhangende van die herstelperiode. ‘n Werknemer mag slegs toegelaat word om terug te keer na die werksplek sodra die werknemer ‘n mediese ondersoek ondergaan het wat bevestig dat die werknemer negatief toets vir COVID-19 en geskik is vir werk.
  • Indien die werknemer negatief toets vir COVID-19, moet die werknemer onmiddelik terugkeer werk toe. Die afwesigheid in afwagting van die toetsuitslag sal steeds hanteer word as betaalde siekverlof.

BETAALDE SIEKVERLOF IS UITGEPUT

In terme van die direktief mag ‘n werknemer WVF “siektevoordele” eis in terme van die COVID-19 TERS direktief wat op 25 Maart 2020 (klousule 4) uitgereik is.  COVID-19 TERS eise was oorspronklik bedoel vir ‘n 14-dag periode van ooreengekome selfkwarantyn as ‘n voorsorgmaatreël, maar maak nou voorsiening vir die 14-dag kwarantynperiode om verleng te word, mits ‘n mediese sertifikaat die voortdurende siekte bevestig.

COIDA EN SIEKVERLOF

Wanneer ‘n werknemer COVID-19 opdoen as gevolg van beroepsblootstelling, sal die siekverlof nie as normale siekverlofdae geag word nie, maar as spesiale siekverlofdae.  Die werkgewer moet ‘n eis indien vir vergoeding in terme van die Wet op Vergoeding van Beroepsbeserings en –siektes (COIDA).  Ingevolge COIDA sal die Vergoedingsfonds ‘n betaling doen vir totale tydelike ongeskiktheid vir so lank as wat die werknemer siek afgeboek is, maar nie vir ‘n periode langer as 30 dae nie.

Werkgewers het ‘n verpligting om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en in stand te hou en moet ‘n infeksiebeheerplan implementeer in die werkplek volgens ‘n gesondheid- en veiligheidsrisiko assessering.

Published on Friday, 12th June 2020 - 10:23

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer