DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE (MPO) REAGEER MET SKOK OP LANCEWOOD SE VERLAGING VAN 45 SENT PER LITER IN DIE PLAASHEKPRYS

 

Persverklaring: Vir onmiddellike vrystelling

1 April 2020

In ’n brief aan boere met die opskrif Covid-19 Farmers Communication 30 March 2020 word boere ingelig dat die prys wat Lancewood aan hulle betaal, vanaf 1 April met 45 sent verlaag gaan word in die vorm van ’n heffingsvermindering. Afgesien van hierdie heffing wat ingestel word, mag Lancewood dit nodig vind om betalingsvoorwaardes tydelik aan te pas.

Kommentaar/Opinie

Die MPO betreur hierdie aankondiging en opper bedenking oor die proses waarvolgens daar geen kennistydperk was betreffende die prysverandering nie, en ook nie met betrekking tot die aanpassing van betalingsvoorwaardes nie.

Agtergrond oor Lancewood as deel van Libstar

Lancewood is ’n afdeling van Libstar Holdings Edms. Bpk. Inligting is gebaseer op die 2019 finansiële state en ’n onderhoud op RSG Moneyweb op 18 Maart 2020 met die hoof- uitvoerende beampte (HUB) van Libstar.

Elke maatskappy binne die Libstar groep beskik oor ’n unieke reeks produkte en wêreldgehalte-vervaardigingsvermoëns, wat aan die groep ’n diverse en robuuste portefeulje van ondernemings gee wat Libstar met trots in hul familiegroep huisves.

Kommentaar/Opinie

In die lig van hierdie diversiteit en robuustheid behoort Libstar in staat te wees om die huidige situasie minstens vir ’n tydperk te kan absorbeer.

Die gekonsolideerde wins-of-verliesstaat en ander omvattende inkomste vir die jaar geëindig 31 Desember 2019 dui op ’n styging in omset van 2,4% tot R9,9 miljard, en ’n groei van 14,1% in wesensverdienste in 2019. Die Moneyweb-joernalis het daarop gewys dat die 14,1% ’n prestasie is wat deesdae selde gesien word. Die geouditeerde 2019-staat dui ’n bruto wins van R2,4 miljard aan, en ’n bedryfswins van R700 miljoen – ’n styging van 13%.

Inligting oor rapporteerbare segmente

Inligting uit kontrakte met klante: bederfbare produkte R4,7 miljard (47% van totale omset), kruideniersware R3,2 miljard (32% van totale omset), versnaperinge en fyngebak R538 miljoen (5% van totale omset), gebak en bakmiddels R700 miljoen (8% van totale omset), en huishoudelike en persoonlike sorg R789 miljoen (8% van totale omset).

Kommentaar/Opinie

Versnaperinge en fyngebak sal die segment wees wat gebruik maak van mozzarella en ander sagte kase, en dit maak slegs ’n klein gedeelte uit van Libstar se besigheid.

In die onderhoud op Moneyweb het die joernalis aan die HUB van Libstar Holdings gevra wat die uitwerking was van paniekaankope, waarop hy geantwoord het dat hulle voorraad uitgeput is, net soos die ander ondernemings. Hy het verder gesê dat hulle geen probleme ondervind met voorsiening aan Libstar, of met Libstar se voorsiening van produkte nie.

Later het die joernalis die HUB gevra wat hy in finansiële terme van die jaar verwag. Die HUB het gereageer deur te sê dat uitgesluit die huidige situasie, want ons het gee idee wat die totale effek daarvan sal wees nie en toe voortgegaan om ʼn normale scenario te beskryf.

In die lig van bogenoemde versoek die MPO Libstar Holdings en die Lancewood-afdeling dringend om hul aankondiging te heroorweeg en eerder met die boere wat melk aan hulle lewer te kommunikeer om melkproduksie af te bring, en om parallel daarmee gebruik te maak van die vraag-elastisiteit in melkprodukte om verkope op kleinhandelsvlak te verhoog. In dié proses word verbruikers bemagtig om suiwelprodukte op te hoop vir versterkte immuniteit en verhoogde vitamien-inname.

Uitgereik deur die MPO

Volg #MilkMpo op Twitter en @MilkProducersSA op Facebook, of besoek mpo.co.za vir meer inligting.

Laai die persverklaring hier af

Published on Wednesday, 1st April 2020 - 17:57

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer