DIE SUIWELBEDRYF-INNOVERINGSTOEKENNINGS – SUIWELWELSTAND NOU ’N WINSGEWENDE KEUSE!

 

11 NOVEMBER 2020

ZOETIS SUID-AFRIKA IS BENOEM AS DIE BESTE INNOVEERDER IN DIE SESDE JAARLIKSE TDM INNOVERINGSTOEKENNINGS; Zoetis Suid-Afrika se CLARIFIDE®Plus is nommer een op die kortlys vir die TDM Innoveringstoekennings 2020 wat erkenning gee aan die innoverendste en gevorderdste produk wat tussen 1 Julie 2019 en 30 Junie 2020 in die Suid-Afrikaanse suiwelmark bekendgestel is. Volg #MilkMpo op Twitter en @MilkProducersSA op Facebook om te kyk na al die beste oomblikke van die MPO se virtuele nasionale jaarkongres en toekenningseremonie op Woensdag 4 November.

VIRTUEEL UIT PRETORIA – 4 November 2020 – The Dairy Mail het Zoetis Suid-Afrika se CLARIFIDE® Plus produk aangekondig as die wenner van hul 2020 Innoveringstoekenning tydens die eerste MPO virtuele nasionale jaarkongres en toekenningseremonie op Woensdag 4 November. Dit was die sesde jaarlikse TDM toekenningsgeleentheid en word deur die Melkprodusente-organisasie (MPO) beskryf as “die hoogste eer vir innovering in die melkbedryf”. Die toekenning word gemaak deur The Dairy Mail (TDM), en is ’n nasionale eerbewys vir uitnemendheid in suiwelinnovering. Die TDM se beoordelaarspaneel, wat die wenner van die TDM Innoveringstoekenning aanwys, bestaan uit kundiges in die suiwelbedryf, insluitende Melk SA se programbestuurder vir navorsing en ontwikkeling, dr. Heinz Meissner; die president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Suiweltegnologie (SAVST), Stephan Steyn; en die uitvoerende hoof van die MPO, dr. Chris van Dijk.

“Wêreldwyd is daar groeiende belangstelling in die gebruik van genetiese verbeteringstrategieë as ’n noodsaaklikheid vir die instandhouding van produktiewe en doeltreffende melkboerderye. Die gebruik van teelstrategieë wat gesondheidseienskappe insluit, dra by tot die verbetering van dierewelstand (op ’n tydstip dat die welsyn van diere al belangriker raak) en doeltreffende boerdery. CLARIFIDE® Plus balanseer produksie, gesondheid en lewenslange wins vir holistiese melkboerdery in ’n seleksie-indeks genaamd Dairy Wellness Profit Index® (DWP$®),” sê dr. Barry van Houten, bemarkingsbestuurder van herkouerdiee by Zoetis Suid-Afrika.

“Zoetis Suid-Afrika se CLARIFIDE® Plus is ’n genomiese toets wat uitgevoer word op óf haar- óf weefselmonsters van verse op ’n jong ouderdom. Dit verskaf waardevolle en betroubare inligting oor die toekomstige potensiaal van die betrokke kalf. Genomiese toetsing met CLARIFIDE® Plus kan help in die identifisering van vroulike Holstein- and Jersey-diere met die grootste potensiaal om by te dra tot kuddegesondheid en winsdoelwitte – van kalf- tot koeistadium,” sê dr. Chantelle Erwee, tegniese bestuurder vir herkouerdiere by Zoetis Suid-Afrika.

“Dis vir ons ’n eer om erkenning te ontvang as die 2020-wenner van die TDM Innoveringstoekenning, en ek wil graag my span gelukwens met hul uitmuntende werk in die versterking van die doelwitte van ons suiwelstrategie deur ons deelname,” sê dr. Ralf Patzelt, direkteur van die sake-eenheid vir vee by Zoetis Suid-Afrika.

Zoetis Suid-Afrika is vereer tydens die glansryke TDM Innoveringstoekenningseremonie op Woensdag 4 November by geleentheid van die eerste MPO virtuele nasionale jaarkongres. Die ander finaliste was Lancewood Holdings, Woodlands Dairy en Chemuniqué.

IETS OOR DIE WENNER

Zoetis is ’n wêreldwye dieregesondheidsmaatskappy wat toegewy is aan al beter ondersteuning van klante en hul ondernemings. Deur voort te bou op die ervaring van meer as 65 jaar lewer hulle gehalte-medisynes, entstowwe en diagnostiese produkte, aangevul deur bio-instrumente, genetiese toetse en presisie-veeboerdery. Hulle werk daagliks om beter begrip te verkry van die uitdagings waarmee diegene wat diere grootmaak en versorg te kampe het. Hul doelwit is om hierdie probleme op relevante wyses te help oplos.

Besoek die TDM Innoveringstoekennings aanlyn:
Webwerf: www.mpo.com | Facebook: www.facebook.com/MilkProducersSA | Twitter: @MilkMpo

Iets oor die TDM Innoveringstoekennings:

ONS VEREER INNOVERING sedert 2013. Die toekenning het ten doel om erkenning te gee aan die innoverendste en gevorderdste produk wat tussen 1 Julie 2019 en 30 Junie 2020 in die Suid-Afrikaanse suiwelmark bekendgestel is. Die oogmerke is die volgende:

  • Bekendstelling van die maatskappyprofiel – die ondernemings op die kortlys en die wenners word aan lesers regoor die land bekend gestel en bied uitstekende dekking.
  • Beproefde kennis – versterk die maatskappy se reputasie in die bedryf.
  • Vereenselwiging met uitmuntendheid – die TDM Innoveringstoekennings gaan oor die viering van uitnemendheid.
  • Die wenner ontvang ’n 5 bladsy-artikel in die Januarie-uitgawe van The Dairy Mail (ter waarde van meer as R60 000).

Meer inligting beskikbaar by:

Michelle de Lange, redakteur, The Dairy Mail                                     Dr. Barry van Houten, bemarkingsbestuurder, Zoetis SA

tdmeditor@agriconnect.co.za |Sel: 079 162 6465                                barry.vanhouten@zoetis.com | www.zoetis.co.za

                                                             

From left: Dr Ralf Patzelt, Michelle de Lange, and                             Dr Barry van Houten receives the TDM Innovation

Dr Barry van Houten.                                                                                 Award.

Laai die MPO Persverklaring Innoveringstoekennings_11Nov2020 hier af

Published on Friday, 13th November 2020 - 09:15

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer