Equality Rights Balance Fair Justice Ethics Concept

DRIE TIPES ARBEIDSINSPEKSIES deur Hannes Latsky

 

Suid-Afrika se arbeidswetgewing is uitgebreid en ononderhandelbaar. Baie werkgewers verkeer onder die indruk dat hulle aan arbeidswetgewing voldoen, terwyl dit in werklikheid nie die geval is nie. Nievoldoening kan ʼn ernstige finansiële impak hê wat jou onderneming onnodig op risiko plaas. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die gesag om arbeidswetgewing af te dwing en gereelde inspeksies van die werksplek uit te voer om seker te maak dat werkgewers aan wetgewing voldoen.

Daar is drie tipes arbeidsinspeksies wat elk fokus op ʼn aparte stel wetgewing en die vereistes vir voldoening:

  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes (insluitende Sektorale Vasstellings en Hoof Bedingingsraadooreenkomste) (75 van 1997);
  • Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998); en
  • Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (85 van 1993).

Werkgewers moet kan onderskei tussen hierdie tipes inspeksies om voldoening in die geheel te verseker. Die drie afsonderlike tipes arbeidsinspeksies fokus op die volgende:

Basiese diensvoorwaardes

Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan die minimum bepalings en voorwaardes van indiensneming waarop die werkgewer en werknemer kan ooreenkom, insluitende enige bedryf-spesifieke wetgewing soos Sektorale Vasstelling 13, wat arbeidsverhoudinge in die landbousektor reguleer.

Die inspekteur sal die volgende ondersoek:

  • dienskontrakte (skriftelike besonderhede van indiensneming);
  • bywoningsregister;
  • inligting met betrekking tot vergoeding – salarisstrokies/-koeverte, minimum loon, oortyd, betaalde verlof, werksure, ensovoorts;
  • registrasie en bewyse van betalings gemaak vir die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en Vergoeding van beroepsbeserings en -siektes (COIDA); en
  • lys van alle werknemers se name en identiteitsdokumentnommers.

In die geval van nievoldoening sal die inspekteur ʼn gedateerde voldoeningsbevel aan die werkgewer uitreik, waarna ʼn geldelike boete of tronkstraf opgelê kan word.

Gelyke indiensneming

Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan die Wet op Gelyke Indiensneming, wat ten doel het om onregverdige diskriminasie in die werksplek uit te skakel en gelyke geleenthede en regverdige behandeling te bevorder. ‘Aangewese werkgewers’ is werkgewers wat aan sekere kriteria voldoen en bykomende verpligtinge het. Werkgewers moet toets of hulle as ‘aangewese werkgewers’ geklassifiseer word ten einde te verseker dat hulle aan wetgewing voldoen.

Werkgewers wat nie voldoen aan die voorskrifte vir ʼn ‘aangewese werkgewer’ nie kan vir ʼn eerste oortreding ʼn boete opgelê word van R1,5 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset (wat ook al die grootste is) en/of ʼn vonnis van tien jaar tronkstraf.

Beroepsgesondheid en -veiligheid

Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan gesondheid- en veiligheidsregulasies ten einde ʼn veilige en gesonde werksplek te verseker. Die inspekteur sal die volgende ondersoek: wetgewende plakkaat, gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger en -komitee, toepaslike aanwysingsborde, persoonlike beskermende toerusting, ensovoorts.

In die geval van nievoldoening sal die inspekteur ʼn gedateerde voldoeningsbevel aan die werkgewer uitreik en/of die besigheidsaktiwiteite tydelik tot stilstand bring, afhangende van die erns van die versuim. Deurlopende nievoldoening kan lei tot boetes, tronkstraf en moontlike strafregtelike vervolging.

Baie boere is bekommerd oor veiligheid as gevolg van mense wat hulle valslik voordoen as inspekteurs van die Departement van Indiensneming en Arbeid ten einde toegang tot die perseel te verkry. Tydens ʼn inspeksie is dit baie belangrik om aan te dring op positiewe identifikasie van die persoon wat homself as ʼn inspekteur voorstel, en om hierdie inligting eers te verifieer voordat die persoon toegang tot die perseel verkry.

Published on Friday, 28th August 2020 - 15:23

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer