GEBRUIK ARBEIDSREG OM JOU BOERDERY TE BESKERM deur Ansofie van der Walt

 

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Om aan wetgewing te voldoen is nie onderhandelbaar nie en die omvang daarvan kan oorweldigend wees aangesien dit ʼn hoogs gereguleerde omgewing is. Die Wêreld- Ekonomiese Forum het die jaarlikse wêreldwye mededingendheidsverslag in Oktober 2019 gepubliseer. Hierdie verslag meet prestasie volgens 114 aanwysers wat ʼn nasie se produktiwiteit beïnvloed en as maatstaf dien van langtermyn-mededingendheid. In dié verslag word 141 ekonomieë beoordeel wat 98% van die wêreld se bruto binnelandse produk uitmaak.

Die Suid-afrikaanse tellingkaart

Uit bogenoemde 141 lande het Suid-Afrika soos volg gevaar, met spesifieke verwysing na die arbeidsomgewing:

  • Samewerking in werkgewer-werknemer-verhoudinge: 139/141
  • Aanstel- en afdankingpraktyke: 129/141
  • Aanpasbaarheid van loonvasstellings: 134/141
  • Gemak om buitelandse arbeid te huur: 123/141
  • Betaling teenoor produktiwiteit: 83/141
  • Werknemers se regte: 26/141

Lees die volledige verslag hier.

ʼn Volgehoue onvoldoende aanpasbaarheid in die arbeidsmark word in die verslag aangedui as een van die sleutelfaktore wat Suid-Afrika se mededingendheid rem.

Beskerm jou boerdery

Eerstens, maak seker dat jy aan arbeidswetgewing voldoen. Tweedens, gebruik arbeidswetgewing tot jou voordeel om jou boerdery te beskerm en risiko te beperk deur moontlike toekomstige dispute tussen die werkgewer en werknemer proaktief te bestuur.

Wees proaktief

Die dienskontrak is die heel belangrikste dokument in die verhouding tussen die werkgewer en werknemer. Een van die grootste foute wat werkgewers maak, is om ʼn generiese dienskontrak te gebruik wat minimale beskerming bied wanneer daar ʼn dispuut in die werksplek ontstaan. Wanneer ʼn dienskontrak opgestel word, moet die werkgewer seker maak dat die kontrak aan alle toepaslike arbeidswetgewing voldoen afhangende van die tipe onderneming wat bedryf word. Sektorale vasstelling 13 reguleer arbeidsverhoudinge in die landbousektor en plaas spesifieke wetlike verpligtinge op die boer as werkgewer.

Klousules

Proaktiewe klousules in die dienskontrak beperk moontlike toekomstige dispute en posisioneer die werkgewer vir die diensverhouding vorentoe. Proaktiewe klousules sluit in:

  • verwysing na beleide, prosedures en ʼn dissiplinêre kode wat die reëls en prosedures beskryf waaraan die werknemer en werkgewer moet voldoen;
  • tydsperiodes – proeftydperk, aftree-ouderdom, korttyd, etensbreuke, ensovoorts;
  • toestemming – mediese toetse, alkohol- en dwelmtoetse; en
  • toestemming – aftrekkings vir skade, opleiding, ensovoorts.

Aanhangsels

Die werkgewer kan ook aanhangsels tot die dienskontrak toevoeg om die boerdery vorentoe verder te beskerm. Tipiese aanhangsels sluit in:

  • pligstaat – wat word verwag van die werknemer met verwysing na pligte, asook die werkgewer se vasgestelde operasionele standaard; en/of
  • handelsbeperking en vertroulikheidsooreenkoms – dit is veral van kritieke belang by meer gespesialiseerde landbou-aktiwiteite om vertroulikee inligting, unieke metodes en prosedures, patente, ensovoorts te beskerm en te verhoed dat hierdie sensitiewe inligting by mededingers uitkom.

Deur arbeidsrisiko’s proaktief te benader kan die werkgewer grootliks bydra tot die onderneming se volhoubaarheid en winsgewendheid, en ʼn werksomgewing met beperkte konflik, wrywing en misverstande verseker. Dit skep weer ʼn gestruktureerde omgewing wat ontvanklik is vir groei.

Published on Wednesday, 1st January 2020 - 08:30

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer