Labour column Mar 2022 Restructure

The leader separates the puzzle with the image of the employee. The concept of personnel management in the company. Dismissing an employees from a team. Demotion. Bad worker. Staff cuts

HERSTRUKTURERING: WAT OM TE OORWEEG EN WAT DIT BEHELS deur Abrie Bronkhorst en Emmirenchia Loots

Besighede funksioneer in ’n uitdagende omgewing waar die ekonomiese klimaat en ander eksterne kragte ’n onderneming met min ander keuses kan laat as om te herbelyn, herstruktureer en herorganiseer om meer mededingend te raak of om ’n bestaande posisie in die mark te behou. Bedryfsveranderinge kan geleenthede vir sowel die besigheid as die werknemers skep met betrekking tot vaardighede en persoonlike groei, wat lei tot beter en meer doeltreffende gebruik van menslike hulpbronne en die implementering van beter prosedures, wat uiteindelik doeltreffendheid en winsgewendheid verbeter.

WAT IS HERSTRUKTURERING?

Herstrukturering is die handeling om ’n onderneming se strukture (wettige, eienaarskap-, operasionele of ander strukture) te herorganiseer met die doel om dit meer winsgewend of beter georganiseer vir die onderneming se huidige vereistes te maak.

WANNEER VIND HERSTRUKTURERING PLAAS?

Herstrukturering sal heel waarskynlik plaasvind in gevalle van bedryfsveranderinge, byvoorbeeld ’n verandering in struktuur (eienaarskap, bestuur of afdelings), doelwitte en visie, finansiële posisie (die ekonomie, gewysigde wetgewing wat ’n uitwerking het op die koste van sake doen, toetrede van mededingers tot die mark, minimumloon, onlangse droogte, ens.) en tegnologie (vooruitgang in terme van nuwe tegnieke en metodes om take vinniger te voltooi, sowel as tegnologiese uitvindings).

VOLG DIE KORREKTE PROSEDURE

Artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995) spesifiseer ’n streng prosedure wat werkgewers moet volg wanneer herstrukturering en/of aflegging oorweeg word. Werkgewers moet verseker dat hierdie prosedure gevolg word en enige eensydige veranderinge aan die dienskontrak vermy.

Herstrukturering is ’n formele konsultasieproses wat beide partye in staat stel om in gesprek te tree om ander alternatiewe te oorweeg, veranderinge te minimeer, tydraamwerke vas te stel en die negatiewe impak van herstrukturering te verminder. Die werkgewer moet in goeie trou ’n oop gemoed handhaaf regdeur die hele proses, en moet werknemers se voorstelle ernstig oorweeg. Vergaderings moet gehou word met alle werknemers wat moontlik geaffekteer word, sowel as die vakbond waar van toepassing.

Werkgewers moet ook kennis neem van opleiding as ’n oorweging om aflegging te vermy. Waar ’n bestaande of nuwe pos ’n hoër prestasievlak of nuwe vaardighede vereis, is die werkgewer verplig om enige bykomende opleiding te oorweeg wat die werknemer kan help om die vlak van prestasie wat vereis word, te bereik.

Kommunikasie is baie belangrik. Verandering is moeilik en kan werknemers angstig laat. Ons raai werkgewers aan om oop en duidelik te wees oor hoekom veranderinge nodig is en om die onderneming se behoeftes en doelwitte te verduidelik, asook om gereelde aankondigings aan alle werknemers te maak oor vordering wat gemaak is. Herstrukturering is meer geneig om suksesvol te wees wanneer bestuurders die fundamentele strategiese probleem of geleentheid wat die besigheid in die gesig staar, verstaan.

Published on Wednesday, 19th January 2022 - 08:37

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer