KOSTE-KNYPTANG BEHOU WURGGREEP OP DIE PRIMÊRE SUIWELSEKTOR IN JANUARIE 2020

 

MPO Aanwyser 3/2020

Onverwerkte melkproduksie vir Januarie 2020 word geskat op 283 miljoen liter, -0,01% minder as in Januarie 2019. Melkproduksie bly dus onder druk. Die vergelykende groeipersentasie vir Januarie 2019 was -0,10% en vir Januarie 2018 was dit +6,6%. Kumulatiewe onverwerkte melkproduksiegroei vir die jaar 2019 word voorlopig bereken op +0,28%, terwyl die vergelykende groei in 2018 vasgestel is op +4,82%.

Die ekonomie van melkproduksie in die primêre bedryf is steeds onder druk as gevolg van die koste-knyptangeffek wat vererger word deur ongunstige klimaatstoestande in sekere dele van die land en die algemene swak ekonomiese toestande in Suid-Afrika.

Die melk-tot-voerprysverhouding sal vanaf Maart 2020 matig verbeter nadat die meeste melkverwerkers konserwatiewe produsenteprys-verhogings aangekondig het. Die prysverhogings is egter te gering om die verhouding noemenswaardig te verbeter wat die meerderheid melkboere steeds slegs op of naby gelykbreek plaas of steeds op onekonomiese vlakke. Die dubbele impak in die bogenoemde verhouding wat boere in die eerste tien maande van 2019 ervaar het, sal ʼn verlengde uitwerking op die aanbod van melk in die komende maande uitoefen. Die ekonomie van melkproduksie in die primêre sektor was te lank negatief wat kudde-samestelling benadeel het, wat in die komende maande die veerkragtigheid van melkproduksie in die primêre sektor gaan teen werk.

Die verloop van graanpryse wat reeds begin daal het, kan egter bogenoemde verhouding verbeter wat produksie mag aanhelp. Indien die oorwegende drywer verlaagde graanpryse is, terwyl produsentepryse slegs gering gestyg het, gaan dit die gaping tussen kleinhandelspryse van suiwelprodukte en die boer se melkprys verder laat styg of die kleinhandel kan dit aan die verbruiker deurgee wat verbruikersvraag sal stimuleer. Hierdie dinamika sal fyn deur die MPO ontleed word.

Ten spyte van die bogenoemde, is die beplande aanbod van onverwerkte melkproduksiegroei die belangrikste beheerbare markdrywer vir die melkprodusent. Deur ʼn pro-aktiewe benadering kan daar ʼn progressiewe produsenteprys-scenario geskep word. In die proses, kan mededingend tussen die stroom-af rolspelers verbeter word. Niemand is hieroor naïef nie en die kompleksiteit daarvan is welbekend, maar die stimulering van die denkrigting is nodig. Natuurlik kan laer onverwerkte melkproduksie invoere stimuleer, maar internasionale suiwelprodukpryse is egter 21% hoër as in Januarie 2019.

Bertus van Heerden, hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die MPO Aanwyser 3_2020 Feb hier af

 

Published on Thursday, 27th February 2020 - 09:56

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer