KOSTE-KNYPTANG IN DIE PRIMÊRE MELKBEDRYF WORD DEUR DIE WAARDEKETTING GEïGNOREER

MPO Aanwyser 1/2020 (20 Januarie 2020)

Ten spyte van die herhaaldelike uitwysing deur die MPO dat die produsenteprys van melk onrealisties laag is, het die sekondêre bedryf volhard met die prystrajek. Huidige produsentepryse is op vergelykbare vlakke van die 2015-produsenteprys. Die effek van dié volharding het nou uitgespeel in Desember 2019 en op ʼn jaar grondslag waar die bedryf feitlik gestagneer het.

Onverwerkte melkproduksie vir Desember 2019 word geskat op 304 miljoen liter, 1,5% laer as in Desember 2018. Melkproduksie in Desember 2019 het dus wesenlik gekrimp. Kumulatiewe onverwerkte melkproduksie vir die jaar 2019 (Desember ingesluit), is 3 419 miljoen liter, ʼn groei van slegs 0,23%.

Die maandelikse melkproduksie word weerspieël in die onderstaande grafiek.

Bron: Melk SA November en Desember voorlopig

Die primêre bedryf bloei duidelik as gevolg van die koste-knyptang wat vererger word deur die ongunstige klimaats- en ekonomiese toestande. Die lae produsenteprys vir onverwerkte melk tesame met die prysstygings van geelmielies en sojabone, het die melk-tot-voerprysverhouding laat daal tot op vlakke waar die meerderheid melkboere nie gelykbreek nie. Die dubbele impak in die bogenoemde verhouding wat boere in 2019 ervaar het, sal ʼn verlengde uitwerking op die aanbod uitoefen.

Die MPO doen ʼn beroep op die sekondêre-bedryf en die kleinhandel om dringend die onrealisties lae produsentepryse genoegsaam aan te spreek.

Bertus van Heerden, hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Published on Tuesday, 21st January 2020 - 09:47

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer