Melkbulletin 07 July 2017

Plaaslike mark

Melkinname bly stabiel

Die totale melkinname in die eerste vyf maande van 2017, soos aan Melk SA berig, word tans op 1 186 million liter geraam, wat 0,03% minder as in 2016 is. In Mei 2017 is ’n geraamde 228,6 miljoen liter melk gelewer, vergeleke met 229 miljoen liter in Mei 2016. Melkvloei in die komende maande sal waarskynlik kwalik op die huidige vlak bly. Moeilike produksietoestande in binnelandse gebiede en probleme met siektes sal produksiegroei in hierdie gebiede aan bande lê. Die laer graanprys sal die marges van intensiewe produsente vermeerder. In kusgebiede sal die koste van ruvoer produksiegroei na verwagting beperk. Gebaseer op produksie tydens die eerste vyf maande en as mens aanvaar dat die lente normaal gaan wees, word die huidige melkproduksie in 2017 tans op 3 070 miljoen liter geraam, wat ietwat meer is as in 2016.

Suid-Afrika verwag die grootste sojaboon-oes op rekord

Nadat die Oesskattingskomitee die vooruitskatting vir die land se sojaboonproduksie in Mei na 1,23 miljoen ton hersien het, het die komitee weer sy vooruitskatting  na 1,34 miljoen ton opgestoot – wat hierdie seisoen se oes die grootste op rekord maak. Dit beteken dat Suid-Afrika hierdie seisoen ’n netto uitvoerder van sojabone kan wees. Om meer te lees, klik  HIER.

AgriSA sit sy voet neer

By ’n onlangse mediakonferensie wat deur die Nasionale Persklub gereël is, het AgriSA sy prospektus oor skaliegaseksplorasie in Suid-Afrika geloods. Om meer te lees, klik HIER.

Nedbank Winterton dien die gemeenskap

Nedbank het hom daartoe verbind om toegang tot die bankwese in al hoe meer ontwikkelende gemeenskappe in Suid-Afrika te vergroot. “Hierdie vennootskap sal die plaaslike boerderygemeenskap en klein sakeonderneming in staat stel om die meeste bankdienste te geniet sonder dat hulle na groot winkelsentrums hoef te reis, wat gerief in die hand werk,” sê Craig Evans, afdelings- uitvoerende beampte: kleinhandel- en sakebankwese. Om meer te lees, klik HIER.

Enige hoop vir 2018 se witmielieprys?

Dit is ou nuus dat daar plaaslik te veel mielies − veral wit mielies − is. Dit is nie altyd so duidelik hoeveel té veel wit mielies daar is nie. Die verbruik van wit mielies word dus uiteengesit en stuk vir stuk van die aanbod afgetrek om sodoende by ‘n duideliker antwoord uit te kom.  Om meer te lees, klik HIER.

Terugvoer oor boeredae in Noord-Wes

Leeudoringstad

  • ‘n Suksesvolle vergadering is by die Leeudoringstadse rolbalklub deur Philip Swart gelei.
  • Dr. Koos Coetzee het ’n voorlegging oor ekonomiese statistiek gedoen, waarna Douw Steyn van GWK lusern en Kenneth Botha van Barnlab effektiewe voedingsbestuur, asook kalfgrootmaak bespreek het.
  • Graag wens ons Kobus Marais geluk met sy verkiesing as voorsitter van die Leeudoringstad-tak.

Schweizer-Reneke

  • Die vergadering is op die takvoorsitter van die MPO, Johan Scribante, se plaas gehou.
  • ‘n Suksesvolle vergadering is deur Philip Swart gelei.
  • Dr. Koos Coetzee het ‘n voorlegging oor ekonomiese statistiek gedoen, waarna Douw Steyn van GWK lusern en Kenneth Botha van Barnlab effektiewe voedingsbestuur asook kalfgrootmaak bespreek het.

Dit was nie vir Johan Strydom, Voorsitter van Noordwes moontlik om die vergaderings by te woon nie, maar hy bedank die produsente wat wel moeite gedoen het om die dae by te woon, asook die betrokke takvoorsitters vir hul bydrae ten opsigte van die reëlings. Hy bedank ook die maatskappye vir hul finansiële bydrae om die boeredae vir ons moontlik te maak.

Onderhoud op Grootplaas

Jompie Burger, direkteur van die Suiwelstandaard-agentskap, gesels oor voedselveilighied in die suiwelwaardeketting.

Dr. Chris van Dijk, HUB van die MPO, gesels oor die onlangse Grootkudde-konferensie. Luister hier na die onderhoude https://agriorbit.com/kyk-30-junie-op-grooplaas/

Boere strek die hand uit na mekaar

Ons maak graag ’n belangrike regstelling na aanleiding van verlede week se berig in hierdie nuusbrief: ‘n groot aantal Oos-Kaapse boere het in 2015 saamgewerk om voer na droogtegeteisterde gebiede in die Vrystaat en Noord-Wes te stuur, en nie net een, soos wat foutiewelik in die berig genoem is nie. Die MPO is tereg trots op sy melkprodusente en hul gewilligheid om mekaar in moeilike tye te help.

 

Internasionale mark

Tegnologie baat klein en groot plase

Kleiner saaiboere meen dikwels dat hulle nie op hul plase sal kan baat by GPS-tegnologie nie. ’n Farm Journal-studie op twee llinois-plase van verskillende groottes laat dit egter blyk dat plase van verskillende groottes wel by strookbeheer en wisselendetempo-tegnologie  (VRT)) kan baat.

Wat belangrik is, is nie die grootte nie, maar wel of die tegnologie by jou stelsel pas. Weeg jou belegging teen verhogings in opbrengs en kostebesparings op.

Evalueer tegnologie deur te vra wat een aspek, soos strookbeheer vir jou onderneming kan doen. Om meer te lees, klik HIER.

Effense daling op GlobalDairyTrade-veiling

Pryse was gemiddeld 0,4% laer by die GlobalDairyTrade (GDt)-veiling wat op  4 Julie gehou is as by die vorige veiling in Junie 2017. Cheddar-kaas en afgeroomde melkpoeier was  3,2% en 4,5% laer. Pryse vir volroommelkpoeier het met 2,6% gestyg en karringmelkpoeier met 10,8%. Botterpryse was marginaal (0,1%) laer. Die toenames in karringmelk en volroommelkpoeierpryse dui die voortgesette vraag en laer aanbod van botter en melkvette oor die algemeen aan.

Melk se nutriëntryke bydrae tot ons dieet

’n Glas melk verleen woema aan ons voedingsbehoeftes, wat mens daaraan herinner hoe belangrik suiwel in ons dieet is. Koeimelk help ons om aan ons voedingsbehoeftes te voldoen, en daar is wel navorsing wat aandui dat dit moontlik beskerming bied teen sommige van die groot chroniese siektes. Om meer te lees, klik HIER.

Funksionele suiwelprodukte se potensiaal nog nie bereik nie

Suiwelprodukte is die hoeksteen van die probiotiese mark. Probiotiese jogurt en suiweldrankies het die gedagte dat mens jou gesondheid kan ondersteun deur bakterieë te gebruik na die hoofstroom gebring en is onderliggend aan ’n mark wat miljarde dollars werd is. Nietemin is funksionele suiwelprodukte nog ver daarvan om hul potensiaal te verwesenlik. Om meer te lees, klik HIER.

Nestlé Spanje belê €2,24 m in fabriek by Sevares

Nestlé Spanje beplan om vanjaar €2,24 m in sy produksiesentrum in Sevares (Asturias) te belê, om ’n produksielyn te vernuwe, en om die fabriek se gehaltebeheerlaboratorium te moderniseer.  Om meer te lees, klik HIER.

Nafta-onderhandelings kritiek

As daar nou een saak is waaroor mens gerus maar slaap kan verloor, dan is dit wat die Trump-, Trudeau- and Nieto-administrasies gaan doen wanneer hulle administrasies die Noord-Amerikaanse vryehandelsooreenkoms (Nafta) heronderhandel. Om meer te lees, klik HIER.

 

Opleiding

Skeduleer jou melkplaas-opleiding nou

Helene Pheiffer, opleidingsbestuurder by die MPO, rig ’n versoek aan melkprodusente om hul melkplaas-opleiding so gou moontlik te skeduleer. Die Instituut vir Suiweltegnologie is tans in die proses om hul opleidingsprogramme vir 2017 te skeduleer. Kursusse is gerig op melkplaaswerkers en -toesighouers. Klik HIER vir besonderhede oor die opleidingsprogramme wat aangebied word. Kontak Jas Wasserman by 012 843 5743 of 082 490 2465 vir meer inligting en om in te skryf vir ’n vyfdag-kursus.

MPO help met kwessies betreffende beroepsgesondheid en -veiligheid

Die MPO se Instituut vir Suiweltegnologie bied ’n vyfdaagse opleidingskursus vir suiwelboere aan oor die bestepraktykkode vir beroepsgesondheid en -veiligheid. Die kursus is prakties en rus deelnemers toe met die kennis om te voldoen aan die vereistes van die Wet op Beroepsgesondheid en –veiligheid (Wet 85 van 1993). Opleiding word op die plaas gegee in die taal van voorkeur. Melkboere wat hulp nodig het om te voldoen aan die Departement van Arbeid se gesondheids- en veiligheidsvereistes op hul plase word aangemoedig om die Instituut te kontak om ’n opleidingsprogram te skeduleer. Die Instituut skeduleer tans sy programme vir 2017. Klik HIER vir besonderhede oor al die opleidingsprogramme wat aangebied word. Kontak Jas Wasserman by 012 843 5743 of 082 490 2465 vir hulp en om ’n vyfdagkursus te bespreek.

 

Tegnologie-oordrag

Veels geluk Pete Ward – wenner van ons April kompetisie!

Pete Ward van Kruisfontein Farming in Mooirivier het die aantal liters geproduseer in April 2017 op 228 miljoen geskat wat inderdaad baie naby aan die werklike hoeveelheid is. Pete het die Dairy Digits in die Junie-uitgawe bestudeer en gemerk dat die tendens vir melkproduksie in vorige jare altyd neig om laer te wees in Maart en April en dit gebruik vir sy berekening van die antwoord. Welgedaan Pete!

Kom toets jou kennis en staan ’n kans om te wen. ’n Wenner sal maandeliks aangekondig word en verskeie pryse kan gewen word. Ná 12 trekkinge sal ’n nasionale wenner by die MPO se gala-ete van 2018 aangekondig word. Klik HIER vir meer inligting en aanwysings oor hoe om in te skryf.

Oor melkplase, weivelde, kompos en koi

Wanneer mens deur die hekke van Bloekomlaan-plaas ry, is dit duidelik dat dit ’n buitengewoon goed bestuurde onderneming is. Vanaf die duidelike wegwysers tot die goed onderhoude grondpad en heinings, getuig alles van professionalisme. Om meer te wete te kom oor die “evolusie” van die plaas, blaai na bladsy 130 van die Julie-uitgawe van The Dairy Mail. Om die digitale afskrif van TDM te lees, gaan na www.agriconnect.co.za.

 

Gebeure

Lichtenburg-boeredag

Johan Strydom (voorsitter van die Lichtenburg-tak en Noordwes) nooi al die melkprodusente in Noordwes om op 27 Julie om 10:00 die Boeredag op sy plaas Wolvenfontein naby Lichtenburg by te woon. Die tema van die dag is kalfgrootmaak en gassprekers Kenneth Botha van Barnlab, Douw Steyn van GWK en Mike Mouton van DeLaval gaan voorleggings doen.  Verskeie ander maatskappye gaan ook teenwoordig wees.  Rig asseblief navrae aan Benita by benita@mpo.co.za of 073 116 8544 en RSVP asseblief teen 21 Julie.

Teken die datum aan – MPO Gauteng Suiweldag, 9 Augustus 2017

Teken die datum van die jaarlikse MPO Gauteng Suiweldag aan. Dit vind plaas op 9 Augustus by die Belnori Boetiek-kaasmakery, Bapsfontein, Gauteng. Rina Belcher beplan ʼn interessante program vir die dag, wat hoefsny- en onthoorningsdemonstrasies insluit. Navrae kan aan Rina gerig word by 082 377 5698, of stuur ʼn e-pos na belnori220@gmail.com. Klik HIER om toegang te kry tot die program.

Vrywaring: Die MPO-melkbulletin word saamgestel uit bronne wat as betroubaar geag word. Die uitgewer aanvaar egter geen verantwoordelikheid vir enige foute of die uitwerking van enige besluite wat op artikels in hierdie publikasie gebaseer is nie.

Skakels
Melkprodusente-organisasie
The Dairy Mail

Kontak ons

Dr. Chris van Dijk
HUB: MPO

Barbara Bieldt
Bestuurder: Markbeskerming en -Ontwikkeling

Dr. Koos Coetzee – Ekonoom

Philip Swart – MPO: Bestuurder van Lededienste

Published on Saturday, 15th July 2017 - 21:38

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer