‘n Dosyn dinge wat jy moet weet van beesbrusellose

Brusellose is nie ‘n enkelvoudige siekte nie en kan die produktiwiteit van jou kudde stadigaan wegkalwe. Hier volg een dosyn belangrike dinge wat jy van die siekte moet weet:

  1. Dit is ‘n gekontroleerde dieresiekte volgens die Dieresiektewet, 1984 (Wet Nr. 35 van 1984). Dit is ‘n kroniese siekte waarvoor daar geen behandeling in beeste is nie.
  2. Dit is ‘n kuddesiekte – as een dier besmet is, moet die hele kudde as potensieël besmet beskou word.
  3. Dit is verpligtend deur die Wet om alle verse eenmalig tussen ouderdom 4-8 maande teen brusellose te ent, met S19 of met RB51 (Tabel 2 van die Dieresiekte Regulasies). Inenting help om die kudde teen siekte te beskerm, verminder die verspreiding en die aantal aborsies.
  4. S19 entstof mag slegs in verskalwers tussen die ouderdom van 4-8 maande gebruik word – indien dit op ‘n latere ouderdom gebruik word, mag die dier aanhoudend positief toets in bloedtoetse wat verwarring van die ware siekte status veroorsaak. RB51 entstof mag in nie-dragtige koeie van enige ouderdom gebruik word, aangesien dit nie positiewe toetsresultate sal lewer nie. Bulle moet nie met S19 of RB51 ingeënt word nie aangesien hulle steriel mag raak.
  5. Besmette verse en koeie mag aborteer, hulle melkproduksie mag daal en hul aanwasproduksie mag daal weens verlengde tussenkalf periodes, nageboortes wat vassit en baarmoederinfeksies.
  6. Koeie en verse wat besmet is met brusellose lyk dikwels gesond, wat misleidend is! Indien hierdie diere in die kudde bly, hou hulle aan om die besmetting stilweg te versprei en dit veroorsaak ekonomiese- en produksieverliese.
  7. Die belangrikste metode van oordraging is wanneer besmette koeie normaalweg kalf of aborteer, aangesien hierdie prosesse miljoene bakterieë in die omgewing vrylaat, wat maklik ander diere kan besmet.
  8. Verse wat gebore is uit besmette koeie toets dikwels negatief voordat hulle kalf en toets eers positief na hul eerste kalwing. Nuutaangekoopte verse hou ‘n hoë risiko in en behoort apart van die res van die kudde gehou te word totdat hulle gekalf het en getoets kan word vir brusellose
  9. Mense kan besmet word met brusellose deur ongepasteuriseerde melk te drink, ‘n positiewe koei te slag en deur besmette kalwingsmateriaal en geaborteerde fetusse (kalwers) te hanteer. Algemene simptome by mense is grieperig met koors, hoofpyne en liggaamspyne. Indien geen behandeling ontvang word nie, kan dit ‘n kroniese siekte word wat herhalend toeslaan. Vleis van besmette diere, wat by goedgekeurde abattoirs geslag word, is veilig vir menslike gebruik.
  10. Brucella bakterieë kan ook versprei deur afloopwater van besmette naburige plase. Roofdiere soos rondloperhonde, jakkalse en kraaie kan ook besmette geaborteerde fetusse en nageboortes na ander plase toe verplaas. Vlieë wat op besmette materiaal voed, mag die bakterieë meganies versprei wanneer hulle op die slymvliese van diere sit.
  11. Eienaars is verantwoordelik vir hul diere se gesondheid en mag onder die Wet van Dieresiektes, 1984 (Wet Nr. 35 van 1984) en die Verbruikers Beskermingswet, 2008 (Wet Nr. 68 van 2008) vervolg word indien hulle die verspreiding van brusellose besmetting propageer.
  12. Die enigste person wat jou kudde teen brusellose kan beskerm, is JY! Wanneer jy beeste inkoop, moet jy aandring op inentingrekords en onlangse kuddetoetse van die plaas van oorsprong. Die verkoper moet in staat wees om te bewys dat die diere ingeënt en die kudde van oorsprong negatief getoets het vir brusellose. Verder behoort die verkoper ook bewys te kan lewer van gereelde negatiewe kuddetoetse. Dit is altyd aan te beveel dat enige diere wat in die kudde ingebring word, eers geїsoleer word vir biosekuriteitsredes – om te toets vir verskeie siektes, om inentings toe te dien en om te behandel teen interne en eksterne parasiete.

Vir verdere inligting skakel asseblief jou naaste staats- of privaatveearts.

To combat brucellosis

Published on Sunday, 13th August 2017 - 19:37

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer