ONGEPROSESSEERDE MELKPRODUKSIE IS TE HOOG

MPO FLITS 3/22 APRIL 2020

Ongeprosesseerde melkproduksie in Maart 2020 word geskat op 267 miljoen liters, 1,45% minder as in Maart 2019, maar; die kumulatiewe melkproduksie vir 2020 (insluitende Maart) is 822 miljoen liters wat op ʼn groei van 0,74% vir die eerste drie maande van 2020 dui (bron: Melk SA).

Teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat geskat word om met 5,8% in te krimp in 2020 (0,2% groei in 2019) en Sub-Sahara Afrika wat geskat word om met 1,6% in te krimp in 2020 (3,1% groei in 2019) (bron: International Monetary Fund World Economic Outlook), sal die vraag na suiwelprodukte onder druk wees. Die meerderheid van Suid-Afrika se suiweluitvoere is bestem vir Sub-Sahara Afrika en daarby ingereken ons eie situasie rakende die vooruitsigte vir die ekonomie, kan die uitslag slegs wees dat die vraag na suiwelprodukte noemenswaardig gaan afneem.

Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank het die repokoers met 100 basispunte op 19 Maart 2020 en weer op 14 April 2020 gesny en daar word verwag dat dit ʼn verdere 100 basispunte in Mei gaan sny. Hierdie drastiese ingryping is onder andere indikatief van die afname in ekonomiese aktiwiteit.

Melkprodusente word aangemoedig om teen die laagste koste moontlik te produseer wat verminderde melkproduksie in die hand sal werk. Dit is krities belangrik om in harmonie met die veranderde vraag te beweeg.

Published on Thursday, 23rd April 2020 - 08:43

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer