ONTHOU FEBRUARIE HET ʼN EKSTRA DAG GEHAD

 

MPO Aanwyser 4/Maart 2020

Ongeprosesseerde melkproduksie vir Februarie 2020 word geskat op 249 miljoen liters, 1,29% meer as in Februarie 2019 (Bron: Melk SA). Ten einde die melkvloei van Februarie 2020 te vergelyk met die melkvloei in Februarie 2019 moet die aantal dae vir Februarie 2020 egter aangepas word na 28 dae. Die berekende Februarie 2020 melkproduksie vir 28 dae is 240 miljoen liters, 2,2% minder as in Februarie 2019. Indien die daaglikse produksie tussen Februarie 2020 en Februarie 2019 vergelyk word, verminder die daaglikse produksie van 8,774 miljoen liter na 8,581 miljoen liter in Februarie 2020.

Die negatiewe groei in Februarie 2020 is direk gekoppel aan die negatiewe ekonomie van ongeprosesseerde melkproduksie wat aan die orde van die dag was vir ʼn groot deel van 2018, die hele 2019 en steeds teenwoordig is in 2020. Teen die agtergrond, het melkboere kostes gesny waar moontlik en is onderhoud uitgestel in ʼn poging om in produksie te bly. In die proses is toekomstige kapasiteit en die veerkragtigheid van die sektor ingeboet, wat tot gevolg het dat winsgewindheid steeds negatief is, terwyl voerbanke en reserves uitgeput is.

Die melk:voerprysverhouding was vir ʼn lang tyd in 2019 onder 1,4:1 en die afgelope drie maande onder 1,2:1, wat gelei het tot die stagnering van die primêre bedryf in 2019 en 2020 en ter bevestiging dien van die swak ekonomie in ongeprosesseerde melkprodukise. Indien die voerkoste in Maart op dieselfde vlak bly as in Februarie, gaan die verhouding verbeter na 1,26:1 as gevolg van die hoër produsentepryse soos aangekondig is in Maart. Hierdie verbetering is egter te gering om die ekonomie van ongeprosesserde melkproduksie genoegsaam te verbeter ten einde produksie te stimuleer.

Bertus van Heerden, hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die pdf-dokument hier af

Published on Thursday, 26th March 2020 - 05:59

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer