OP SOEK NA ’N NUWE STRATEGIESE VISIE

Op 9 November het AgriFusion ’n strategiese beplanningsessie vir die MPO-direksie en bestuurspan gefasiliteer waartydens gekyk is na verwagtinge, strategiese faktore, die storie van die organisasie, waarde-aandrywers, sleutelprestasie-aanwysers, prioriteite, en volgende stappe.

“You are perfectly aligned with the results you get.” – Arthur Jones

Die volgende verwagtinge is uit die staanspoor uitgespel: om te voldoen aan die verwagtinge en uitdagings van die produsente, die skep van ’n volhoubare finansiële omgewing vir die produsente, om as produsente-organisasie relevant te bly binne die georganiseerde landbou, om proaktief bedryfsinligting te bekom ter ondersteuning van prysonderhandelinge, en om die waardeketting te verenig.

Om ’n uitmuntende strategie te kan skep moet ’n mens duidelikheid hê oor die beginpunt en die einddoel, en terwyl die strategiese proses ontvou, moet kennis geneem word van die beperkinge, lesse wat geleer is, aksies en hersieningspunte, sodat jy gereed kan wees wanneer geleenthede opduik.

“It is one of the paradoxes of success that the things and ways which got you there are seldom those things that keep you there.” – Charles Handy

Die MPO van die toekoms sal graag wil sien dat al die melkprodusente lede van die organisasie sal wees, en dat die volgende generasie melkboere betrek sal word. Die mikpunte is die volgende: om melkboere te help om ’n nul-koolstofvoetspoor te bereik, en om ’n omgewing te skep van voldoening aan die kodes vir goeie praktyk, in ’n poging om die per capita verbruik van melk te verdubbel deur middel van naspeurbaarheid en differensiasie.

Die beskikbaarheid van inligting, spoed van besluitneming, globalisering, en herlewingsmotiewe dra daartoe by dat strategiese beplanning ’n totaal nuwe gesig kry. Wanneer die mededingende landskap ontleed word, blyk dit dat markmededinging gesetel is in nuwe mededingers, globalisering van verskaffers, verbruikerisme en substitusie, om maar enkele faktore te noem. Groei kan voortspruit uit ’n generiese strategie soos differensiasie, of uit ’n alternatiewe rigting soos konsolidasie of produkontwikkeling, of selfs uit alternatiewe metodes soos verkrygings of alliansies.

Wanneer die MPO se strategiese storie vertel word, moet die organisasie die missie, visie en strategie karteer tot strategiese padkaarte wat aantoon waarop gefokus moet word om prestasie te bestuur. Met ander woorde, rig ’n toegespitste fokus op waarde-aandrywers, en hierdie waarde-aandrywers moet ‘vertaal’ word tot aandrywer-gebaseerde planne en begrotings wat daarby aansluit. Die mikpunt hier is om sleutelprestasie-aanwysers op verskeie vlakke in die organisasie uit te lig en die organisasie-rapportering te fokus op die lewering van die strategie se doelwitte.

Tydens die sessie is koördinerende komitees gestig bestaande uit ’n MPO-werknemer en twee MPO-direkteure elk met die volgende portefeuljes: ouditering en finansies, menslike hulpbronne, opleiding, ekonomie, en lidmaatskap. ’n Strategiese padkaart en fokusareas sal binnekort met die lede gedeel word.

“A strategy is about making choices, trade-off’s, it’s about deliberately choosing to be different.” – Michael Porter

 

Fanie Ferreira

Waarnemende uitvoerende hoof

fanief@mpo.co.za

Published on Friday, 26th November 2021 - 11:17

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer