Pretoria Hoë Hof beslis téén verkoop van waterregte

Die Pretoria Hoë Hof het teen die verkoop van waterregte beslis. In drie afsonderlike sake wat in Oktober 2019 geargumenteer is namens die Suid-Afrikaanse Vereniging van Waterverbruikerverenigings (SAAFWUA), die Doornkraal Besigheidstrust (Doornkraal) en die De Kalk Besigheidstrust (De Kalk), het ‘n volbank van die hof beslis dat dit nie meer moontlik is vir die houer van ‘n watergebruiksreg om sodanige reg te verhandel of te verkoop nie, soos vantevore toegelaat was deur die Departement van Water en Sanitasie.

Die hof het sy uitspraak op die doelstellings van die Nasionale Waterwet, 36 van 1998 gebaseer. Die hof het bepaal dat om voort te gaan om die handel in watergebruiksregte toe te laat sou beteken dat bestaande houers van sodanige regte die toekomstige ontvangers van sulke regte sal kan identifiseer en kies; dat dit neerkom op die privatisering van water; en dat dit diskrimineer teen diégene wat nie die nodige pryse of vergoeding kan bekostig nie. Die hof het bepaal dat die verkoop van watergebruiksregte gelyke toegang tot water frustreer en dat dit histories benadeelde persone uit die landbousektor hou.

“Die uitspraak het verreikende gevolge vir die kommersiële landbousektor” sê Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se Natuurlike Hulpbronne sentrum van uitnemendheid. “Ons sal die uitspraak moet bestudeer en in oorlegpleging met die regsverteenwoordigers van Doornkraal, De Kalk en SAAFWUA die onmiddellike volgende stappe oorweeg.”

Agri SA het Doornkraal in hierdie saak finansieel ondersteun, en het saam met SAAFWUA ‘n beduidende belang in die uitkoms van hierdie aangeleentheid.

Navrae:
Wayman Kritzinger: Voorsitter van Agri SA se Natuurlike Hulpbronne sentrum van uitnemendheid
(S) 082 926 8777
Janse Rabie: Hoof: Natuurlike Hulpbronne, Agri SA
(S) 076 451 9601

Laai die pdf hier af

Published on Monday, 29th June 2020 - 16:33

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer