Beoordelaars Charl du Plessis en Allan Fourie saam met hoofbeoordelaar Kobus Mulder.

Skryf in vir SA Suiwelkampioenskappe

Suiwelprodusente word genooi om in te skryf vir die 2018 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land.

Dié kampioenskappe word sedert 1834 deur Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, nou Agri-Expo, aangebied. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is die uitsluitlike doel van die kampioenskap, wat vanjaar sy 185ste bestaansjaar vier, om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder. “Ons is trots daarop om die enigste kampioenskap aan te bied wat alle suiwelprodukte in Suid-Afrika betrek. Die kampioenskap het die maatstaf geword waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet. Die Qualité-merk word ook deur die bedryf erken as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika,” sê Ehlers.

Die kampioenskap bestaan uit nege kategorieë en 102 klasse vir eindprodukte in die prosesseringslyn van die suiwelbedryf. In 2017 is 854 produkte deur 83 suiwelvervaardigers ingeskryf. Wenprodukte word tydens die Qualité-dinee as SA Kampioene bekroon, terwyl produkte van besonderse hoë kwaliteit die Qualité-merk van gehalte ontvang. Ná die eerste rondte beoordeling deur meer as 70 beoordelaars wys ‘n paneel van vyf kundiges die Produk van die Jaar aan. Parmalat se 10-maande verouderde Gouda het in 2017 dié titel verower.
Inskrywings vir die 2018-kampioenskappe open op 4 Januarie 2018 op die webwerf www.cheesesa.co.za. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Februarie 2018. Die beoordeling vind op 22 Februarie 2018 plaas en die Qualité-dinee word op 23 Maart 2018 by Grand West in Kaapstad aangebied.

Agri-Expo, ‘n nie-winsgewende landbougenootskap, bevorder die beeld van landbou deur bemarkingsinisiatiewe soos ekspo’s, waaronder die Suid-Afrikaanse Kaasfees en Agri-Expo Livestock. Vir meer inligting, besoek www.agriexpo.co.za, volg Agri-Expo op Facebook of Twitter, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za .

 

Die beoordelaars Mario Jumat, Karla Steyl, Elna Fourie en Vernon Manual is vier voormalige leerlingkaasmakers wat opleiding in Frankryk ontvang het as deel van ‘n inisiatief wat gesamentlik deur Agri-Expo, die Wes Kaapse Departement Landbou en die streeksregering van Boergondië aangebied is.

 

Beoordelaars Charl du Plessis en Allan Fourie saam met hoofbeoordelaar Kobus Mulder.

Published on Wednesday, 1st November 2017 - 16:45

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer