TSHILIDZI MATSHIDZULA WEN DIE MPO NEDBANK RENTMEESTERSKAP-TOEKENNING 2020

 

11 November 2020

Tshilidzi Matshidzula van Little Barnet Farm naby Alexandria in die Oos-Kaap, is aangewys as wenner van die gesogte MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekenning by ʼn seremonie tydens die Melkprodusente-organisasie se virtuele jaarkongres op Woensdag 4 November. Dit word vanjaar vir die vierde keer toegeken.

Coenraad en Candice de Jongh van Blomfontein naby Groot Brakrivier het die tweede plek verower, met Ginkel Jordaan van Spekboomberg naby Cradock in die derde plek. Hul prysgeld, wat deur Nedbank geborg word, beloop R40 000, R30 000 en R10 000 onderskeidelik, en moet aangewend word om rentmeesterskapdoelwitte op hul plase na te streef.

Die MPO gebruik die drie pilare van volhoubaarheid: winsgewindheid (ekonomies), mense (sosiaal) en planeet (omgewing) om melkboere die beste in staat te stel om in die toekoms suksesvol te kan boer. Rentmeesterskap gaan waarlik om aan al drie pilare te voldoen, waarvan winsgewindheid net so noodsaaklik is as die twee ander pilare.

Die beoordelaars was uiters beïndruk met die finaliste se passie vir die mense en diere op hul plase, hul gebruik van tegnologie om doeltreffendheid te verhoog, hul dieptekennis en praktiese benadering, hul fokus op die opleiding van plaaspersoneel en die opheffing van die omringende gemeenskappe, en die hoë vlak van innovering wat hulle inspan.

Matshidzula is geloof vir sy uitmuntende plaasbestuurspraktyke en aandag aan detail, wat onder meer uitgebreide konsultasie met kundiges en eweknieë insluit ten einde beste praktyke te kan handhaaf. Sy span plaasbestuurders is almal in sy mentorskapprogram vir studente opgelei. Sy uitnemende werk om die omringende gemeenskap op te hef en te bemagtig deur opleiding, mentorskap en befondsing is ongeëwenaar, sê die beoordeelaars.

Die beoordeelaars is beïndruk deur Matshidzula se innoverende maatreëls om die water van die spruit wat deur sy plaas loop, te reinig ten einde water van ʼn aanvaarbare gehalte vir gebruik op die plaas en in die melkstal te hê. Barbara Bieldt, bestuurder vir rentmeesterskap en regulatoriese dienste by die MPO, sê: “Tshilidzi toon buitengewone visie en weet beslis wat vereis word vir toekomstige volhoubaarheid.”

Die naaswenners, Coenraad en Candice de Jongh, het die beoordeelaars beïndruk met hul uitstekende kuddebestuursprogram, en veral hul uitgebreide kennis van dieregesondheid, welstand en kalfgrootmaakpraktyk. Die beoordeelaars sê hul omgewingsvriendelike boerderypraktyke en die bewaring van hul grond en plantspesies is uitsonderlik. Ginkel Jordaan se bestuur van grondvoedingstowwe op sy weiveld en sy gebruik van alternatiewe energie is uitmuntend, sê die beoordeelaars.

Daneel Rossouw, Nedbank se afdelingslandboubestuurder vir die Suidelike Afdeling, het gesê Nedbank is baie trots om hierdie gesogte toekenning te borg, wat melkboere wat uitstekende bestuurders van hul boerderye is, erken. “Dit praat oor die volhoubaarheid in die breër konteks en omvat aspekte soos die beskerming van ons natuurlike hulpbronne, regverdige en etiese hantering van mense en diere, die vervaardiging van ’n veilige en gesonde produk en winsgewende boer. Die inskrywingsstandaard vanjaar was uitstekend en ons wens die verdienstelike wenners van harte geluk.”

“Hartlik geluk aan ons wenners, Tshilidzi, Coenraad, Candice en Ginkel, met hul welverdiende toekennings!” het Bieldt gesê. “Die MPO is trots op ons uitmuntende suiwel-rentmeesters.”

Vind die MPO aanlyn:
Webwerf: www.mpo.com | Facebook: www.facebook.com/MilkProducersSA |Twitter: @MilkMpo

Vir meer inligting:
Kontak Barbara Bieldt, rentmeesterskap en regulatoriese dienste | barbara@mpo.co.za | Sel: 083 235 2629

Van links: Dr Heinz Meissner, Barbara Bieldt, Jompie Burger, Tshilidzi Matshidzula, en Sue Viljoen

Laai die MPO Persverklaring Rentmeesterskaptoekennings_11Nov2020 hier af

Published on Friday, 13th November 2020 - 09:24

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer