VERANDERING IN VOERKOSTE-REGIME HIER OM TE BLY?

 

MPO-AANWYSER 2/11 FEBRUARIE 2021

Die omvang van die verhoging in die prys van geelmielies en sojabone veroorsaak dat die produsenteprys van onverwerkte melk uiters lewendig is.

Die gemiddelde produsenteprys van onverwerkte melk in Januarie 2021 word geraam op R5,37/ℓ, teenoor R5,19/ℓ in Desember 2020. In figuur 1 hieronder word die tendens en vlakke van voerkoste geraam vir die jaar 2021 met gebruikmaking van die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) se Kommoditeitsmarkte, Mark-to-market– (MTM-) pryse soos op 9 Februarie 2021, vir kontrakte van Februarie 2021 tot Desember 2021, vir geelmielies en sojabone.

Hierdie pryse is wisselvallig, verander voortdurend, en word onder meer beïnvloed deur ontwikkelings in die energiemark en die waarde van die rand. Dit illustreer egter die huidige sentiment van rolspelers regoor die internasionale mark, en weerspieël vraag en aanbod in die komende maande. Die huidige aandrywer van die hoër geelmielie- en sojapryse op die Chicago Mercantile Exchange (CME), voorheen bekend as Chicago Board of Trade (CBOT), word toegeskryf aan die onverwagte hoër vraag uit China. Hierdie ontwikkelings vloei ook deur ons graanmark, en weerspieël die hoër pryse ten spyte van tekens van ’n goeie graanoes in Suid-Afrika.

Figuur 1 Voerkoste (70% geelmielies en 30% soja)

Die invloed van die hoër pryse vir die geformuleerde voer plaas afwaartse druk op winsgewendheid op plaasvlak. Die kostevoordeel van die gebruik van voerkonsentraat is papierdun tot geen voordeel nie. Dit word in die figuur hieronder geïllustreer. Selfs die gesimuleerde prys van onverwerkte melk van R6,00/ℓ bereik nie eers ’n verhouding van 1,3:1 nie.

Figuur 2 Onverwerkte-melk-prys tot voerprys (70% geelmielies en 30% soja)

In hierdie omstandighede is dinamiese en objektiewe kommunikasie tussen melkprodusente en melkverwerkers uiters belangrik om ’n gebalanseerde vraag-en-aanbod-markresultaat te verkry.

Bertus van Heerden, hoof-ekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die MPO Aanwyser 2 van 11 Feb 2021 hier af 

Published on Friday, 12th February 2021 - 12:25

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer