Verskerpte paraatheid en waaksaamheid in feestyd nodig

 

 

In ‘n gesamentlike verklaring, het Agri SA en TLU SA vandag gesê dat dit moeilik is om hulle lede tot kalmte te maan om nie onverantwoordelik op te tree nie, te midde van die voortslepende voorkoms van plaasaanvalle en die misdaadgolf wat die landbougemeenskap verswelg.

Die 53 moorde wat deur die organisasies vanjaar aangeteken is, in vergelyking met die 54 wat verlede jaar voorgekom het, is onrusbarend en kan nog styg tot die einde van die jaar. Daar is reeds 383 plaasaanvalle vanjaar aangeteken, teenoor die 394 van 2018. Dit is aanduidend van die misdaadrisiko waaraan boere en plaaswerkers daagliks aan bloot gestel is.

Beide organisasies se veiligheidstrukture het na afloop van ‘n onlangse gesprek hulle ten gunste daarvan uitgespreek om ‘n Landelike Beveiligingskoördineringsforum te vestig om samewerking en eenheid oor landelike veiligheid te bevorder binne die hersiene Landelike Beveiligingstrategie. Die forum sal ook ‘n rol speel in die koördinering van ‘n eenvormige standpunt en/of beleid oor landelike veiligheid en samewerking tot op grondvlak bevorder. Aangesien veediefstal die grootste misdaadbedreiging vir veeboere is, sal die Veediefstalvoorkomingsforum deel van die Veiligheidskoördineringsforum wees.

Die naderende feestyd bied geleenthede aan misdadigers om toe te slaan op niks vermoedende mense. Dit is daarom noodsaaklik dat die boerderygemeenskap hulle paraatheid sal opskerp en voortdurend waaksaam sal wees. Beide organisasies het ‘n dringende beroep op die polisie gedoen om in hulle beplanning vir die feestyd ‘n verskerpte poging aan te wend om die landbougemeenskap te beskerm, deur verhoogde sigbare polisiëring en deur misdaadvoorkomingsoperasies.

Die volgende goeie gewoontes ten opsigte van veiligheid gedurende die feestyd behoort ernstig oorweeg te word:

  • Die grondeienaar moet die protokol vir plaastoegang toepas en op sy regte as eienaar van sy plaas staan. Pas effektiewe toegangsbeheer toe en wees altyd bewus van wie jou plaas besoek.
  • Grondeienaars moet betrokke raak by hulle plaaslike georganiseerde landboustrukture en plaaswagte.
  • Maak seker dat alternatiewe kommunikasiemiddele soos radio’s, beskikbaar is vir noodkommunikasie tydens krag- en selfoon onderbrekings.
  • Vermy sover moontlik die verkoop van plaasprodukte direk van die plaas, veral noudat bek-en-klouseer sy kop uitgesteek het. Dit het die lewens van talle boere reeds gekos, soos die onlangse skietdood van die boer van Wolmaranstad, waar misdadigers onder die voorwendsel om skape te koop, die boer koelbloedig doodgeskiet het. In ‘n ander voorval is ‘n boer ernstig aangerand deur voornemende veekopers.
  • Maak seker dat behoorlike kontrole uitgeoefen word, oor landbou insette en -toerusting en dat dit in die nag behoorlik toegesluit word.
  • Maak seker van die beskikbaarheid van regsverteenwoordiging en watter staatsaanklaers beskikbaar is.
  • Wees daarop bedag dat veediefstal in die tyd mag toeneem, tel jou vee gereeld en wees bewus van waar jou vee wei.
  • Wanneer jy op vakansie gaan, maak seker dat waardevolle besittings soos onder andere vuurwapens veilig geberg is.
  • Maak besoekers deel van jou veiligheidsbeplanning, sodat hulle ten volle ingelig is hoe om in ‘n noodsituasie op te tree.

Geen beskermingsmaatreëls is ‘n waarborg dat ‘n plaasaanval of misdaad nie sal plaasvind nie, maar dit kan ‘n aanval vertraag of bemoeilik en inwoners die geleentheid gee om alarm te maak. ‘n Beroep word op die landbougemeenskap gedoen om in die tyd hulle vlakke van paraatheid en veiligheid te verhoog en die basiese beveiligingmaatreëls soos huis- en haard beskerming, streng toe te pas. Meld alle verdagte optrede en -persone by jou naaste polisiestasie aan en goeie kommunikasie met die plaaslike polisie is noodsaaklik en moet gehandhaaf word.

Navrae           

Tommie Esterhuyse, Voorsitter Agri SA Sentrum van Uitnemendheid:  Landelike Veiligheid

Sel:  082 782 0668

Henry Geldenhuys, Voorsitter TLU SA:  Veiligheidskomitee

Sel:  083 560 1273

Published on Tuesday, 3rd December 2019 - 06:24

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer