Voëlgriep is in SA

Die hoogs aansteeklike siekte vir hoenders, naamlik voëlgriep, of dan avian influenza, is vir die eerste keer in SA. Dit is op twee plase gevind en die vermoede is dat dit deur watervoëls ingedra is. Pluimveeboere moet op die uitkyk wees hiervoor, want dit kan groot skade veroorsaak en jou hele boerdery verwoes.

Bonsmara-telers betree ‘n nuwe era van tegnologie met genomiese teelwaardes. Lees meer hieronder hieroor.

Indien jy as boer ‘n vragmotor wil koop, kyk gerus na Hino vir ‘n lang dienstyd. ProAgri het hierdie week berig oor ‘n Hino met 2,3-miljoen kilometer op die klok, wat steeds fluks in die tuig draf. Die vragmotor het ook nie eers baie herstelwerk of vervangings nodig gehad nie.

Daar word verwag dat brandstofpryse volgende week skerp kan daal, wat boere en verbruikers baie bly maak.

In die bakkieverkoopwedloop is Ford tans ‘n kortkoppie voor. Die Ford Ranger het in Mei vir die derde maand in ‘n ry aan die voorpunt van die topverkoperlys gestaan.

Nog nuus in die landbou:

  • Kaap Agri is gelys op die JSE.
  • Syngenta het ‘n transaksie met ChemChina aangegaan.
  • Die UP help met wêreldnavorsing oor bakteriese siektes
  • En indien jy die vakansie oorsee reis –onthou SA se invoerregulasies sodat jy nie teleurgestel word as jy jou geskenk wat jy anderkant die water gekoop het daar moet los nie.

Ons jongste uitgawe is vol lekkerleesstories oor van die topmaatskappye wat by NAMPO was. Kry dit hier: http://www.proagri.co.za/proagri-208-junie-2017/

Published on Tuesday, 27th June 2017 - 23:44

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer