WAAROM ONRUS LEI TOT STORTING VAN MELK

MPO PERSVERKLARING 15 Julie 2021

Dit is hartverskeurend om die vernietigende gevolge van die landwye betogings en plundering te aanskou. Melkprodusente in KwaZulu-Natal is nie ontsien nie en daar is vandeesweek gesien hoe duisende liters vars melk gestort word. Melkvragmotors op versperde versamelroetes is letterlik tot stilstand gedwing en moes die veld in om melk, ’n bederfbare produk, uit te gooi.

“Aangesien daar daagliks omtrent twee miljoen liter melk in KwaZulu-Natal alleen geproduseer word en die melk nie versprei kon word nie, is die melkprodusente in hierdie provinsie erg geraak,” sê Fanie Ferreira, waarnemende uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie (MPO). “En, die koeie moet steeds gemelk word.”

Daar word geglo dat die ontwrigting in die voorsieningsketting in die nabye toekoms ’n beduidende uitwerking op die kleinhandelvoorraad van melk sal hê.

“Ons vind dit al hoe moeiliker om produkte soos veevoer by die plase te laat aflewer weens die sluiting van paaie en aanvalle deur plunderaars, en ’n ander bron van kommer is die voorspelde tekort aan brandstof,” sê Colin Wellbeloved, ’n boer in die Boston-omgewing (KwaZulu-Natal) en nasionale voorsitter van die MPO.

Die onderbreking in die roete na die mark kom voor:

  • Waar melk nie van die plaas af vervoer kan word nie en gevolglik gestort moet word. Vars melk is ’n produk wat vinnig bederf as dit nie verwerk word nie, en onverwerkte melk kan nie vir ’n lang tydperk op die plaas geberg word nie.
  • Waar onverwerkte melk aan verwerkingsaanlegte gelewer word, is dit moontlik dat sommige aanlegte nie in volle werking is nie, as gevolg van die impak van personeel wat nie opdaag vir werk nie weens die reisveiligheidsrisiko en intimidasie.
  • Aanlegte wat wel funksioneer, kan nie die verwerkte melk en suiwelprodukte na kleinhandelaars vervoer nie, omdat die paaie versper of gesluit is, en as gevolg van die veiligheidsrisiko waaraan padvrag in sekere gebiede onderworpe is.
  • Die inligting wat bekend gemaak is rakende die aantal winkels en winkelsentrums wat vernietig is, dui daarop dat toegang tot die verbruiker – die laaste skakel in die waardeketting – in sekere gebiede nie meer bestaan nie. Die werking van die waardeketting sal dus nie meer in sekere gebiede moontlik wees nie.

“Ons kan met dankbaarheid sê dat die verlies aan melkvolume tot KwaZulu-Natal beperk is. In ander provinsies is skade aan winkels en padinfrastruktuur aangerig. Skade aan voertuie en paaie sal die verskaffingsketting aan kleinhandelaars beslis benadeel. Die omvang van hierdie skade sal mettertyd bepaal word. Skade aan die melkbedryf as gevolg van melkstorting sal ook eers later bepaal kan word, ”sê Philip Swart, lededienstebestuurder by die MPO. “Dit is ’n groot bron van kommer vir die MPO.”

“Die dinamika van die mark het weer eens getoon dat jy nederig moet bly, omdat dit letterlik binne enkele ure kan verander. Ons is onseker oor wat die effek oor die volgende paar dae sal wees, en ook oor die volgende paar weke, en wat die somtotaal aan die einde van die jaar sal wees,”sê Bertus van Heerden, hoofekonoom van die MPO. “Wat ons kan sê, is dat die mark baie innoverend kan wees as die omgewing waarin die mark werk dit toelaat.”

Sekere verwerkers het bevestig dat daar nog genoeg melk en suiwelprodukte in die land en spesifiek in KwaZulu-Natal en Gauteng is. Die verskaffingsketting raak vinnig weer normaal en behoort teen die komende naweek volledig in werking te wees; uiteraard as die onrus behoorlik onderdruk word en die N3 in werking is.

Verbruikers moenie paniekerig raak nie, want daar sal voorrade wees namate kalmte herstel word.

“Die melkbedryf verkeer nie in ’n krisis nie, hoewel ernstige skade aan sekere infrastruktuur berokken is, met geldelike verliese dwarsdeur die waardeketting,” sê Van Heerden.

Colin Wellbeloved is uitgenooi om met die Minister van Landbou, Thoko Didiza, van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, te ontmoet op Vrydag, 16 Julie, in Durban.

Ons gedagtes, empatie en gebede is by ons melkboere wat swaarkry verduur het weens die onluste en onrus.

Vir meer inligting, kontak:

Fanie Ferreira

083 453 9339

fanief@mpo.co.za

Colin Wellbeloved

082 498 7838

melrosefarm@vodamail.co.za

Laai die MPO Persverklaring van 15 Julie 2021 hier af

Published on Saturday, 17th July 2021 - 08:48

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer