WAT HET ONS NODIG OM TE HERBOU EN STERKER TERUG TE KOM

MPO PERSVERKLARING 19 Julie 2021

Die meeste Suid-Afrikaners is bewus van die haglike situasie wat die afgelope week deur die onrus en plundering in die land veroorsaak is. Melkprodusente is nie gespaar nie. Dit was ’n traumatiese ervaring vir elke melkboer wat melk, ’n bederfbare produk, moes weggooi wat weens die impak wat onluste op die melkversamelroetes gehad het, nie vervoer kon word nie en om te sien hoe weiding afgebrand word was netso erg. ’n Hartlike dankie aan die lede van die gemeenskappe wat opgetree het deur saam met produsente brande te bestry en afleweringsroetes te beskerm.

“Die Suid-Afrikaanse melkbedryf produseer vanjaar ’n bietjie minder melk, in vergelyking met die eerste ses maande van verlede jaar, maar daar is steeds meer as genoeg melk om aan die verbruiker se behoefte te voldoen” sê Colin Wellbeloved, nasionale voorsitter van die MPO.

Die Minister van Landbou, minister Thoko Didiza, het op Vrydag 16 Julie met belanghebbendes in die landbou vergader om die impak van die onluste op voedselsekerheid te bespreek. Die doel was om die fokus te verskuif van die donker prentjie wat gelaat is deur die skade aan infrastruktuur en die verlies regdeur die waardeketting, en om tot oplossings te kom vir die probleem om noodsaaklike produkte te lewer waar winkels vernietig is. Wellbeloved het die melkbedryf tydens hierdie kritieke gesprek verteenwoordig.

“Die minister het ’n goeie begrip gehad van probleme waarmee melkprodusente gekonfronteer is, en sy het haar versekering gegee dat ons ’n sterk prioriteit is,” sê Wellbeloved. “Die minister se gesig het opgehelder toe ek haar vertel dat ons elke dag genoeg melk vir ’n koppievol vir elke persoon in KwaZulu-Natal produseer.”

Die regering het voedselsekerheid ’n prioriteit gemaak en troepe is ontplooi om plase en boerderydorpies te beskerm. “Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is terdeë bewus van die belangrikheid van die landbousektor in KwaZulu-Natal vir die ekonomie en die welstand van Suid-Afrikaners in die algemeen,” sê Luke Gibbs, voorsitter van die MPO KwaZulu-Natal. “Vinnige reaksiemoontlikhede word georganiseer om op die platteland te help. Sowel die SANW as die Suid-Afrikaanse polisiedienste het pogings opgeskerp om die voorsieningskettings te beveilig.”

Die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging het ook die afgelope week ’n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer om maatskappye wat noodsaaklike goedere lewer, van sekere bepalings van die Mededingingswet vry te stel om te verseker dat noodsaaklike goedere landwyd afgelewer word. “Die verslapte bepalings sal maatskappye in die breër verskaffingsketting toelaat om saam te werk op ’n manier wat normaalweg as nie-mededingend beskou word,” sê Bertus van Heerden, hoofekonoom van die MPO. “Die MPO het inligting gedeel en saamgewerk met Agri SA, Agbiz en ander rolspelers in hierdie verband.”

“Ons kan nog nie ontspan nie, ondanks ’n skynbare vermindering in bedreigingsvlakke,” sê Gibbs. “Bly waaksaam, staan bymekaar in gemeenskappe, gebruik die beskikbare sekuriteitsnetwerke en bly bowenal standvastig, want ons sal beslis as Suid-Afrikaanse melkprodusente seëvier. Ons is te belangrik om te misluk. ”

Vir meer inligting, kontak:

Fanie Ferreira | 083 453 9339 | fanief@mpo.co.za

Colin Wellbeloved | 082 498 7838 | melrosefarm@vodamail.co.za

Laai die MPO Persverklaring van 19 Jul 2021 hier af

Published on Tuesday, 20th July 2021 - 09:21

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer