WÊRELDMELKDAG 2020

 

Mediaverklaring: vir onmiddellike vrystelling

MPO MEDIADAG

20 MEI 2020

Wêreldmelkdag word gewoonlik op 1 Junie gevier en is ’n wêreldwye gebeurtenis. Die MPO vier Wêreldmelkdag reeds die afgelope paar jaar. Vanjaar gaan die MPO saam met 80 ander lande regoor die wêreld deelneem aan die Wêreldmelkdagvierings om ’n glasie te klink op melk en melkprodukte. Die gebeure is ekstra spesiaal omdat dit die 20ste verjaarsdag van Wêreldmelkdag is.

Waarom vier ons Wêreldmelkdag?

Wêreldmelkdag vestig die aandag op melk en melkprodukte en bring hulde aan ’n produk wat soveel meer is as net die som van sy voedingstowwe. Dit is ’n hoogtepunt op die MPO se kalender en word rondom 1 Junie met verskeie geleenthede gevier. Die MPO maak van hierdie geleentheid gebruik om erkenning te gee aan ons melkboere wat dikwels onder moeilike omstandighede ’n veeldoelige, gesonde en voedsame produk produseer en so ’n belangrike bydrae lewer tot Suid-Afrika se voedselsekuriteit en die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Hoe beplan die MPO om Wêreldmelkdag vanjaar te vier?

Die MPO vier die belangrike rol wat melk speel in die voeding van jonk en oud deur ’n mediaveldtog te loods om bewustheid te bevorder van hoe melk en melkprodukte mense help om te voorsien in hul voedingsbehoeftes, om die risiko van sekere siektes te verlaag, om beter te herstel van sportbeserings, om spiere te bou en ook om te help met gesonde veroudering. Vanjaar doen die MPO dinge ’n bietjie anders vanweë die COVID-19-pandemie en die inperkingsmaatreëls wat van krag is. In noue samewerking met Melk SA se Verbruikersopvoedingsprojek sal die MPO gasheer speel vir ’n aantal virtuele aktiwiteite, waarvan sommige reeds op sosiale media geloods is onder die #SAlovesmilk sosialemedia-uitdagings. 

i. Wêreldmelkdag 2020 foto-uitdaging

Die eerste stadium van hierdie veldtog neem die vorm aan van ’n foto-uitdaging. Ons nooi almal uit om deel te neem aan die #SAlovesmilkpicturechallenge deur vir ons ’n foto te stuur van hoe baie jy en jou gesin melk geniet. Neem deel en e-pos of WhatsApp jou #SAlovesmilk foto aan tdmeditor@agriconnect.co.za of 079 162 6465 vir ’n kans om op ons platform te verskyn in die week van #WorldMilkDay2020. Nou, meer as ooit tevore, weet ons dat gesonde suiwelprodukte nie slegs bekostigbaar en lekker is nie, maar ook noodsaaklik vir ’n voedsame dieet. Kom ons bewys dat #SAlovesmilk! Daar sal gelukkige trekkings vir suiwelpryse op die dag wees.

ii. Wêreldmelkdag 2020 resep-uitdaging

#SAlovesmilkrecipechallenge nooi almal uit om hul ou gunsteling-resepte waarin melk gebruik word, aan ons te stuur om op ons platform gepubliseer te word in die week van #WorldMilkDay2020. Daar sal gelukkige trekkings vir suiwelpryse op die dag wees.

iii. Wêreldmelkdag 2020 oefen-uitdaging

Daar is twee fases in die #SAlovesmilkworkoutchallenge. Deel een daag aktiewe mense uit om te toon hoe hulle hul oefensessies geniet, hoe hulle sorg vir voginname, brandstof inneem of seer spiere dokter ná hul oefensessie. Dit word gedoen deur vir ons ’n foto of video te stuur. Deel twee bestaan uit ’n oefenuitdaging in samewerking met ’n aantal Crossfit fasiliteite. Die MPO in medewerking met Melk SA se Verbruikersopvoeding-projek het Crossfit oefenfasliliteite genooi om Wêreldmelkdag 2020 aktief te vier deur op die dag ’n oefenuitdaging aan sy lede te rig. Die uitdaging is nie beperk tot 1 Junie nie, maar kan plaasvind op enige dag vanaf 29 Mei tot 1 Junie. Die oefensessie word deur die instrukteurs saamgestel en word dan deurgewerk deur individue of groepe in ’n Zoom-klas wat opgeneem word. Die uitslae van die uitdaging word gestuur aan Barbara Bieldt (Barbara@mpo.co.za), en Jeandré Johnston (Jeandre@dairycep.co.za), en pryse word vir die hoogste punte toegeken. Een van die afrigters het selfs aangebied om die oefensessie te demonstreer in een van die MPO se bekende koei-uitrustings. Hy sal beslis ’n gunsteling wees. #SAlovesmilkworkoutchallenge #WMDchallenge

iv. Wêreldmelkdag 2020 gemeenskapsteun

Selfs voor die landwye inperking, voor die COVID-19 pandemie, het die MPO se boerderygemeenskappe in verskillende streke van die land deelgeneem aan die #PayFoodForward inisiatiewe waarin ’n platform geskep is om kos te voorsien aan behoeftige mense in hul area. Melkboere en verwerkers het ook ’n sekere persentasie van hul melk geskenk ten bate van die MPO Projek Een. Die MPO moedig melkboere en verwerkers wat deel uitmaak van hierdie projekte aan om deel te neem aan Wêreldmelkdag 2020 deur die geskenkte produkte beskikbaar te stel aan inrigtings soos kinderhuise, versorgingsfasiliteite vir bejaardes en ander welsynsinstansies in hul area om te help in die stryd teen honger. #dairyisgoodforyou #strongertogether #togetheragainstcorona #feedingthoseinneed #dairyfarmersgiveback #farmingcommunity #immunityforthecommunity

v. Wêreldwye Suiwelplatform

Die MPO ondersteun ook die Global Dairy Platform sosiale-media-veldtog.

Barbara Bieldt, bestuurder reguleringsdienste en rentmeesterskap

Published on Thursday, 28th May 2020 - 17:26

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer