WERK SLIM MET DIE DIENSKONTRAK deur Ansofie van der Walt

 

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Nie-voldoening hou ʼn ernstige besigheidsrisiko vir werkgewers in wat dikwels onderskat en onaagespreek gelaat word. Arbitrasiebevele teen die werkgewer het ʼn definitiewe finansiële impak op die werkgewer en affekteer ook die besigheidsnaam negatief.

Kry die dienskontrak in plek

Een van die grootste foute wat werkgewers maak is om nie skriftelike dienskontrakte te implementeer nie, of om ʼn generiese dienskontrak te gebruik wat min beskerming bied wanneer daar ʼn dispuut is in die werksplek. Wanneer die werkgewer ʼn dienskontrak opstel, moet die werkgewer daarop let dat die dienskontrak aan alle toepaslike arbeidswetgewing voldoen gebaseer op die spesifieke industrie (Sektorale Vasstelling 13 reguleer arbeidsverhoudinge in die landbousektor en plaas wetlike verpligtinge op die boer as werkgewer).

Gebruik die dienskontrak tot jou voordeel

Werkgewers moet arbeidswetgewing tot hul voordeel gebruik om die plaas as besigheid te beskerm, asook risiko te beperk deur moontlike toekomstige dispute tussen die werkgewer en werknemer proaktief te bestuur. Deur proaktiewe klousules in die dienskontrak in te sluit, is die werkgewer beter geposisioneer met die oog op die diensverhouding vorentoe. Sluit die volgende praktiewe klousules in:

  • Verwysing na beleide, prosedures en ʼn dissiplinêre kode wat die reëls en prosedures uiteensit waaraan die werkgewer en werknemers moet gehoor gee. Die dissiplinêre kode dien ook as riglyn vir die werkgewer met verwysing na toepaslike sanksies vir spesifieke oortredings. Die dissiplinêre kode verseker ook dat alle werknemers bewus is van die werksplek se reëls, asook die gevolge wanneer hierdie reëls oortree word.
  • Tydsperiodes – proeftydperk, aftree-ouderdom, korttyd, etensbreuke, ens.
  • Toestemming – mediese toetse, alkohol- en dwelmtoetse.
  • Toestemming – aftrekkings vir skade, opleiding, ens.

Bykomend tot die dienskontrak, kan die werkgewer ook bylae toevoeg om die besigheid verder te beskerm. Tipiese bylae sluit in:

  • Pligstaat – wat word van die werknemer verwag met verwysing na pligte, asook die werkgewer se vasgestelde operasionele standaard.
  • Handelsbeperking en konfidensialiteitsooreenkoms – hierdie is krities, veral waar meer gespesialiseerde boerdery akwititeite plaasvind om konfidensiële inligting, unieke metodiek en prosedures, en pantente te beskerm en te voorkom dat sensitiewe inligting opeindig by die kompetisie.

Deur arbeidsrisiko proaktief te bestuur, kan die werkgewer bydra tot die besigheid se volhoubaarheid en winsgewendheid en ʼn werksomgewing daarstel waar konflik, wrywing en misverstande beperk word, wat weer lei tot die skep van ʼn gestruktureerde omgewing ontvanklik vir groei.

Lees die Engelse artikel in die April-uitgawe van The Dairy Mail.

Published on Monday, 2nd March 2020 - 03:05

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer