Wonderlike water deur Barbara Bieldt

 

 

Die Suiwel-waterrentmeesterskap-werkgroep met lede vanuit die primêre en sekondêre bedrywe, die MPO, die Suiwelstandaard-agentskap en Melk SA het onder leiding van Sue Viljoen  van die Wêreld-natuurfonds ʼn kort rentmeesterskaptoer deur KwaZulu-Natal onderneem.

Van links: Gary Farr (RAS), Henk van der Hyde (Danone), Sue Viljoen (WWF), Gary Smith (Nestle), Vaughan Koopman (Danone), Murray Bredin (Shockwave Engineering), Francois Talbot (FBF Organics), Mark Davies (Spring Meadow), John Bredin (Myhill Farm) en Andrew Baker (Glen King Trust).

Afvalwater van suiwelverwerking

Die werkgroep het op ʼn koel, reënerige oggend gaan kers opsteek by die suiwelverwerker Spring Meadow Dairy naby Nottingham Road om nader kennis te maak met die uitdaging om groot hoeveelhede afvalwater in ʼn plattelandse omgewing sonder munisipale rioolfasiliteite effektief te behandel en af te voer. Mark Davies, uitvoerende hoof van Spring Meadow Dairy, het die besoekers op ʼn insiggewende toer deur die verwerkingsaanleg geneem en ook seker gemaak dat almal iets te ete en drinke gehad het. Die lede van die werkgroep was dit eens dat hulle toegerus is met nuwe kennis en insig ná die besoek.

Die waarde van ʼn biokatalis

Gary Farr van Regenerative Agriculture Specialisation (RAS) het die werkgroep meer vertel oor die gebruik van ʼn biokatalis om grond en dieregesondheid te optimaliseer. Die biokatalis word in diere se voer gemeng om prestasie en gesondheid te verbeter en vrektes te beperk. Verder word dit ook gebruik om afvalwater te behandel en sodoende die gehalte daarvan te verbeter.

Daarna is prentjiemooi Mearns Farm naby Mooirivier besoek, waar melkboer James Kean die werkgroep gewys het hoe hy die biokatalis in sy boerdery aanwend. James, die naaswenner van die 2019 MPO Nedbank Rentmeesterskaptoekenning, het verduidelik hoe die biokatalis by sy koeie se voer gemeng word en in die water gevoeg word waarmee sy stal afgewas word om dit te behandel. Hy het ook die fisiese installasie verduidelik, asook hoe hy resultate gaan monitor.

Lesse van Nieu-Seeland

Die volgende oggend het die son sy kop uitgesteek toe die werkgroep vertrek na Myhill Farm naby Ixopo waar hulle ontvang is deur melkboer John Bredin en sy vrou Paulette. Nadat ʼn paar melkboere van die omgewing by hulle aangesluit het, het John terugvoer gegee oor sy rentmeesterskaptoer na Nieu-Seeland – sy prys as wenner van die Intelact Water-rentmeesterskaptoekenning in 2018. Nieu-Seeland se omgewingsbewaringsvereistes is geweldig streng en plaas groot druk op melkboere wat gesien word as die vernaamste sondebokke wanneer dit kom by die besoedeling van waterbronne, veral riviere. Melkboere word verplig om alle melkstal-afvalwater op weiding te pomp en streng vereistes ten opsigte van hoeveelhede per hektaar en stikstofinhoud na te kom. Intensiewe melkboerdery in dié land word beperk deur vereistes om bewyse voor te lê dat dit nie die omgewing sal benadeel nie.

Rentmeesterskapreis op Myhill Farm

John het ook sy eie ervarings op die plaas met die werkgroep gedeel en vertel watter veranderings hulle moes aanbring om water- en energiebesparings teweeg te bring. Hy het besproeiingseffektiwiteit aansienlik verbeter deur onder andere besproeiingspompe te skuif en sekere funksies te outomatiseer. Dit het gelei tot ʼn totale energiebesparing van 40% op die plaas. John sê: “Ons het almal ʼn morele verpligting om die omgewing vir toekomstige geslagte te bewaar.” Hy het afgesluit met die advies dat die doeltreffende gebruik van natuurlike hulpbronne beslis kommersiële waarde het, maar dat dit doeltreffende en verantwoordelike bestuur vereis. Murray Bredin het daarna ʼn oorsig gegee van verskeie tegnologieë en outomatiseringsopsies (Internet of Things) om besproeiing, water en melkstalbestuur te monitor en te beheer.

Ter afsluiting

Sue Viljoen het na afloop van die besoeke opgemerk dat die waarde van die waterrentmeesterskap-werkgroep opgesluit is daarin dat inligting vrylik gedeel word op ʼn niemededingende platform tot voordeel en bemagtiging van die hele suiwelbedryf.

Published on Wednesday, 1st January 2020 - 08:05

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer