AGRI INSPEC LOODS ONDERSOEK NA LAAGGEPRYSDE AFGEROOMDE MELKPOEIER UIT EUROPA

 

MPO AANWYSER 11/7 September 2020

Die ongewone, aansienlike toename in ingevoerde afgeroomde melkpoeier (AMP) uit Europa het vroeg in 2020 reeds Agri Inspec se aandag getrek en wye navrae tot gevolg gehad. Die vry-aan-boord (VAB)-prysvlakke het verdag voorgekom en voortdurende navrae daaroor het nie lig op die saak gewerp nie.

Die SARS-invoerstatistiek vir Julie 2020 het aangedui dat die probleem besig is om te eskaleer en daar is in samewerking met die MPO besluit om ʼn amptelike klag by die betrokke ambassades in te dien. Die uitgangspunt is dat die verklaarde pryse nie strook met internasionale pryse nie en dat dit nie moontlik is om AMP teen die lae pryse te vervaardig nie. Terselfdertyd het Agri Inspec ook die Departement van Handel en Nywerheid genader om hulle bewus te maak van die aangeleentheid en vir insette gevra.

Die volgende tabel vergelyk die pryse maand tot maand, en ook met die internasionale prys. Die lande van oorsprong is tipies Frankryk, België en Swede.

Tabel 1: Tariefpos 04021090 – afgeroomde melkpoeier

Maand Gemid. prys (VAB) R/kg % verandering Internasionale prys

R/kg

Wisselkoers

R/€

April

49,79

46,20

20,20

Mei

52,04

+0,50 45,73

19,76

Junie

57,87

+11,20 45,14

19,29

Julie

40,68

-29,70 46,04

19,23

Die gemiddelde produsenteprys vir onverwerkte melk in die Europese Unie (EU) in Julie was R5,96. Ongeveer 10 ℓ melk is nodig om 1 kg AMP te vervaardig. In die voorafgaande maande was die EU-produsenteprys R5,50 en hoër. Dit beteken dat net die melkkomponent se koste reeds R55,00 beloop. Daar is wel graadverskille in die produk en bottervet word ook in die proses geproduseer, maar dit regverdig steeds nie die lae Julie-prys nie.

Agri Inspec verken en monitor die suiwelhandelsomgewing voortdurend en is op hoogte van verwikkelinge in die mark. Vordering in hierdie sake sal gerapporteer word, maar dis nodig om in gedagte te hou dat ambassades en die meeste staatsdepartemente met die minimum personeel werk.

Bertus van Heerden, bestuurder Agri Inspec

Laai die MPO Aanwyser 11 7 Sept 2020 pdf hier af.

Published on Monday, 7th September 2020 - 14:20

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer