AANKONDIGING VAN NUWE UITVOERENDE HOOF

PERSVERKLARING

15 Desember 2021

 

Die direksie en personeel van die MPO kondig graag die aanstelling van Gerhard Kriel as uitvoerende hoof van die MPO aan. Ons weet dat julle saam met ons vir Gerhard hartlik sal verwelkom wanneer hy op 3 Januarie 2022 die amp opneem. Gerhard het in sy vroeë jare ’n groot belangstelling in voedselwetenskap ontwikkel, wat daartoe gelei het dat hy suiwelkunde studeer het met ’n volle Suid-Afrikaanse Suiwelstigtingsbeurs onder bekende suiwellegende, prof. Jan Novello aan die Universiteit van die Vrystaat en hy het sy loopbaan by Clover Suid-Afrika begin.

Met meer as 30 jaar se besigheidsleierskapservaring, waarvan die meeste binne landboukontekste was, bring Gerhard ’n unieke stel vaardighede, perspektiewe en verhoudings om die MPO die toekoms in te lei. Om voort te bou op wat ons reeds bereik het, hoop ons om onder sy leierskap ons strategiese rigting te slyp, ons organisasie te groei en te ontwikkel, ons vennootskappe te versterk en nuwe verhoudings te bou.

Gerhard se vorige poste sluit in hoofbestuurder handel van OVK Landbou; besturende direkteur van Kriel Tegnologiegroep, hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, en onafhanklike konsultant. Hy het met verskeie nasionale landbou-organisasies saamgewerk en met private, nie-winsgewende en beginnerondernemings in meer as vier provinsies in Suid-Afrika gewerk.

Gerhard het ’n BSc.-graad in voedselwetenskap, suiwelwetenskap, mikrobiologie en biochemie aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n meestersgraad in besigheidsleierskap aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy en sy eggenoot, Annette, woon in Bloemfontein waar hy sy kinders mentor om suksesvol te word om hul drome te volg en betrokke te raak by die familiebesigheid. Hulle sal vroeg in die nuwe jaar na Pretoria verhuis.

Gerhard volg Fanie Ferreira, waarnemende uitvoerende hoof, op wat voortgaan om as voorsitter van MPO Noordstreek en direkteur van die MPO-raad te dien, en wat ’n gladde oorgang vir Gerhard sal fasiliteer en in die vroeë dae ondersteuning sal bied waar nodig.

Ons is baie dankbaar vir die deurslaggewende rol wat Fanie die afgelope maande gespeel het om die MPO te herstruktureer, en vir die eenparige onderskrywing van die MPO-raad van die aanbeveling om Gerhard as uitvoerende hoof aan te stel.

Ons sien daarna uit om hierdie nuwe fase van die MPO se werk onder Gerhard se leierskap te begin.

 

Colin Wellbeloved

Voorsitter van die Raad

 

Vind die MPO aanlyn:

Webwerf: www.mpo.co.za | Facebook: www.facebook.com/MilkProducersSA |Twitter: @MilkMpo

 

Vir meer inligting

Colin Wellbeloved, voorsitter van die Raad | melrosefarm@vodamail.co.za | Sel: 082 498 7838

Fanie Ferreira, waarnemende uitvoerende hoof | fanief@mpo.co.za | Sel: 083 453 9339

 

UITGEREIK DEUR AGRICONNECT

Geskryf deur Michelle de Lange

Foto verskaf deur Fanie Ferreira

Published on Thursday, 16th December 2021 - 08:55

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer