ANDREW MORPHEW WEN DIE MPO NEDBANK RENTMEESTERSKAP-TOEKENNING 2021

Van links: Peter Morphew, Andrew Morphew (wenner MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2021), Ivo Buratovich (Fairfield Dairy), Jean Adam en Jorgen Wilkström (Foto’s deur MPO KwaZulu-Natal )

Andrew Morphew van Colbourne Farm in die Howick-distrik in Kwazulu-Natal is op Dinsdag 19 Oktober aangewys as die wenner van die gesogte MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekenning. Die egpaar Simon en Stacey Miller van Sherwood Farm by Mooirivier, KwaZulu-Natal, het tweede gekom, met Jake Crowther van Oakhurst Farm by Hoekwil in die Wes-Kaap in die derde plek. Hul pryse, geborg deur Nedbank, is onderskeidelik R40 000, R30 000 en R10 000, wat bestee moet word om rentmeesterskap-doelwitte op hul plase te bereik.

Van links: Stacey en Simon Miller (Sherwood farm, tweede plek wenner MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2021), James Kean (Mearnes farm, tweede plek wenner MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2019), Sandra Berning (Springvale farm, wenner MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2020), en Andrew Morphew (Colbourne farm, wenner MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2021)

Volhoubare melkboerdery verg voortdurende hersiening van die spelreëls om te kan bybly met vinnig veranderende tegnologie, die uitdagings van klimaatsverandering, en toenemende eise van die kant van die regering, die gemeenskap en die verbruikers. Om deurlopend op uitnemende wyse aan hierdie verwagtings te kan voldoen is ’n formidabele taak. Om hierdie rede gee die MPO in vennootskap met Nedbank jaarliks erkenning aan uitmuntende melkboerdery-rentmeesters deur middel van die MPO Nedbank Rentemeesterskap-toekennings in samewerking met die Wêreldnatuurfonds (WWF) en The Dairy Mail.

Melkboere wat deur rolspelers in die bedryf genomineer word, moet die volgende doen:

  • volhoubare boerderypraktyke en bewaring toepas;
  • hoë standaarde van dierewelstand asook ’n doeltreffende bestuursprogram vir kuddegesondheid handhaaf;
  • ’n hoë lewensgehalte vir al die mense op die plaas verseker en waarde toevoeg tot die plaaslike gemeenskap;
  • ’n gesonde, veilige produk van hoë gehalte produseer; en
  • winsgewendheid op ’n deurlopende grondslag verbeter deur versterking van die onderneming se veerkragtigheid of kapasiteit om wisselvalligheid en negatiewe gebeure te hanteer en doeltreffendheid op die plaas te verhoog.

Die genomineerdes is versoek om die MPO 3P metrieke rentmeesterskap-opname te voltooi; dit maak die elektroniese komponent van die evaluering uit. Die drie finaliste is bepaal deur die tellings wat uit die vraelys verkry is. Die beoordelaarspaneel, bestaande uit dr. Heinz Meissner van Melk SA, Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap, Sue Viljoen van die WWF, en Barbara Bieldt van die MPO, het ’n verifikasiebesoek aan elke finalis se plaas gebring as ’n laaste stap in die evaluasieproses. Die finale tellings is bereken deur ’n geweegde kombinasie van die punte wat behaal is vir die MPO 3P metrieke opname en tydens die verifikasiebesoeke op die plase.

Foto deur MPO Wes-Kaap Van links: Alister Winfield en Jake Crowther (Oakhurst farm, derde plek wenner MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2021)

Barbara Bieldt, Bestuurder: Rentmeesterskap en Reguleringsdienste, het opgemerk: “Die standaard van vanjaar se inskrywings was uitmuntend, en die MPO is geweldig trots op ons uitstekende suiwel-rentmeesters. Hartlike gelukwense aan ons wenners, Andrew, Simon en Stacey, en Jake!”

Morphew en sy bestuurspan Jean Adam en Jorgen Wilkström is deur die beoordelaars beskryf as van topgehalte, en uiters aggressief in die toepassing van die korrekte dissiplines, geesdriftig om te verbeter waar moontlik. Hierdie span is formidabel! Hulle is hoogs bekwaam en boer met die nodige selfvertroue om rasionele besluite in hul eie dissiplines te neem.

Oor die afgelope twee jaar het Morphew sy konvensionele melkplaas omskep tot ’n 100% organiese boerdery, wat merkwaardig is. Hy het hom bemagtig met kennis oor baie onderwerpe wat verband hou met volhoubare melkboerdery, en toon ’n indrukwekkende vlak van insig en begrip van praktyke om grondgesondheid en grondkoolstof op te bou sodat daar nie op chemiese bemesting of insette staatgemaak hoef te word nie. Die bestuur van kuddegesondheid is werklik uitstaande, met ’n uitsonderlike gemiddelde somatieseseltelling. Die noukeurige rekords en die algehele vlak van sindelikheid en higiëne stel ’n baie hoë standaard. “Andrew beskik oor uitsonderlike visie en is ’n waardige wenner,” aldus Bieldt.

Die Millers, wenners van die tweede prys, is toegewyde jong boere. Stacey fokus op die bestuur van kuddegesondheid en Simon op gesonde grond en optimale weidingsbestuur. Hul fokus op die herstel en instandhouding van vleilande en die skep van natuurlike bewegingskorridors vir wild, asook voorsiening van voer aan wildvoëls is inspirerend. Die Millers is geesdriftig en passievol, en daarop toegespits om alle aspekte van hul boerderyonderneming te verbeter. Die beoordelaars is opgewonde om te sien wat die uitwerking van beplande ontwikkelings in die toekoms op Sherwood Farm gaan wees!

Jake Crowther, wenner van die derde plek, is ’n proaktiewe boer, oop vir voorstelle en insette, wat werklik sy heel beste wil doen om die rentmeesterskap van sy hulpbronne te verbeter en om so volhoubaar as moontlik te boer. Crowther se boerdery-onderneming word goed bestuur en hy benut alle geleenthede om sy boerdery-aktiwiteite te diversifiseer. Die insluiting van agri-toerisme op sy plaas deur die herbenutting van vervalle plaasgeboue om te dien as vakansie-akkommodasie is nie net innoverend nie, maar skep ook werksgeleenthede en ondersteun die gemeenskap.

Vind die MPO aanlyn:

Webtuiste: www.mpo.com | www.nedbank.co.za/business | Facebook: www.facebook.com/MilkProducersSA |Twitter: @MilkMpo

Vir verdere inligting:

Barbara Bieldt: Rentmeesterskap en Reguleringsdienste | barbara@mpo.co.za | Sel: 083 235 2629

Uitgereik deur AgriConnect

 

 

 

 

 

Published on Wednesday, 20th October 2021 - 16:18

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer