Female patient refusing to sign consent form for coronavirus vaccine

ARBEIDSKOLOM: VERPLIGTE WERKPLEK-IMMUNISERINGSBELEID deur Jannine de Klerk

Ingevolge die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (85 van 1993) het elke werkgewer ’n plig om, sover dit redelik uitvoerbaar is,’n werksomgewing te voorsien en in stand te hou wat veilig en sonder risiko vir hul werknemers se gesondheid is. Die Minister van Indiensneming en Arbeid het werkgewers gehelp om te hou by genoemde bepalings deur die publisering van ’n bygewerkte Consolidated Direction on Occupational Health and Safety Measures in Certain Workplaces (Directive) op 11 Junie 2021, wat daarvoor voorsiening maak dat werkgewers ’n beleid van verpligte immunisering in die werkplek kan implementeer.

Die implementering van verpligte immunisering in die werkplek is nie ’n eenvoudige aangeleentheid nie, aangesien dit inbreuk maak op werknemers se grondwetlike regte. Die Direktief gee egter riglyne wat gevolg kan word indien ’n werkgewer verpligte immunisering oorweeg.

KYK NA DIE VOLGENDE RIGLYNE

Die volgende riglyne behoort te dien as ’n bruikbare raamwerk:

  • Doen ’n COVID-19-risikobepaling.
  • Ontwikkel ’n immuniseringsbeleid (of wysig die bestaande COVID-19-plan).
  • Voorsien werknemers van inligting oor immunisering.
  • Help werknemers om te registreer vir inenting.
  • Gee werknemers tyd af om geïmmuniseer te word.
  • Stel werknemers wat geïdentifiseer is vir verpligte inenting in kennis van die
    • die verpligting om ingeënt te word,
    • die reg om beswaar te maak op mediese of grondwetlike gronde, en
    • die geleentheid om met verteenwoordigers te raadpleeg.
  • Tree in gesprek met werknemers wat weier om ingeënt te word om vas te stel wat hul redes is.
  • Adviseer werknemers wat beswaar maak en laat hulle toe om verdere leiding van hul verteenwoordigers te ontvang.
  • Indien die beswaar op mediese gronde gebaseer is, verwys die werknemer vir verdere mediese evaluasie.
  • Indien die beswaar op mediese gronde redelik is, wend ’n poging aan om die werknemer te akkommodeer in ’n posisie wat nie van die werknemer verg om geïmmuniseer te word nie, soos –
    • om weg van die perseel af te werk,
    • om van die huis af te werk,
    • om in isolasie te werk (by die werkplek),
    • om buite normale werksure te werk, of
    • om te werk terwyl die werknemer ’n N95-masker dra.
  • Indien die beswaar gebaseer is op grondwetlike gronde (liggaamlike integriteit, godsdiens, religie, geloofsoortuigings of opinie), voer ’n gesprek met die werknemer en stel vas of die persoon ’n geldige en wettige beswaar het.
  • Indien die grondwetlike beswaar geldig en wettig is, probeer die werknemer akkommodeer in in ’n posisie wat nie verg dat die werknemer ingeënt hoef te word nie.

Published on Wednesday, 29th September 2021 - 08:57

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer