BEK-EN-KLOUSEER-BIOSEKURITEITSTRATEGIE VIR DIE MELKPRODUSENT

VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING | 31 Maart 2022

 

Sedert 1 Maart 2022 het agt nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer in vier provinsies in Suid-Afrika voorgekom.

Limpopo              2             11 Maart 2022

KwaZulu-Natal   2             25 Maart 2022

Noordwes           2             25 Maart 2022

Gauteng               2             28 Maart 2022

 

Hier volg ’n paar biosekuriteitsfeite wat melkprodusente in ag moet neem:

  • Die produsent word geag as verantwoordelik vir die toepassing van ’n biosekuriteitsplan op sy/haar eie grondgebied – kontak u kuddeveearts.
  • Besmette plase word gekwarantyn, met gevolglike vernietiging van melk volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (OIE) se neergelegde maatstawwe – toegepas deur die staatsveeartsspan.
  • Ongepasteuriseerde varsmelk is ’n virusverspreidingsmedium. Die virus oorleef 15 dae by 4°C in melk. Slegs ultrahoëtemperatuur- (UHT-) pasteurisasie is effektief.
  • Die uitbreekgebied word afgebaken as besmette sone of buffersone of opsporingsone of vry sone, wat deur private inisiatief georganiseer word tot voordeel van die produsent. Ondersteun en gee u samewerking aan regeringsamptenare wat biosekuriteit bevorder. Bek-en-klouseer is ’n staatsbeheerde siekte wat volgens wet by ’n veearts aangemeld moet word.

 

Hier volg ’n paar wenke om uitbrekings te beheer in die uitbreekgebiede:

  • MPO-lede behoort ’n naspeurbaarheidstrategie daar te stel om nuwe uitbrekings te identifiseer, te bepaal waarvandaan die infeksie kom, en waarheen dit versprei. Negatiewe status in kompartemente kan as sodanig bewys word vir uitvoermarkte en daaglikse melkinsamelingspunte. Oefen druk uit vir interprovinsiale permittoegang van vee vanaf besmette provinsies.
  • Moniteer veilings en abattoirs as strategiese kontrolepunte om epidemiologiese naspeurbaarheid te vergemaklik.
  • Boereverenigings behoort verkeersbeheer toe te pas op strategiese distriksroetes, plaaslike veilingskrale en plaassekuriteitshekke.
  • Ontsmet melk-, voer-, vee-, voorraad- en dienstevoertuie voordat toegang verleen word by plaassekuriteitshekke. Inspekteer vir mis-, modder-, en beddegoedbevuilde voertuigoppervlakke en klerasie.
  • Dring aan op siektevrye sertifikate deur ’n veearts uitgereik met die aankoop van vee. Raadpleeg kundiges vir ’n uitgewerkte risikoanalise vir die boerderystreek wat wetenskaplik regverdigbaar is voordat onredelike maatreëls afgedwing word.
  • Implementeer daaglikse personeelontsmetting en toegangsbeheer op die plaas.

 

Praktiese ontsmettingsmiddels:

Huishoudelike JIK 6% = Natriumhipochloried (NaOCl) verdun 1:10 met water.

 

Uitgereik deur dr. Theo Kotzé

Melk SA-verteenwoordiger op die Nasionale dieregesondheidsforum (NAHF)

Vir meer inligting, kontak Fanie Ferreira | 083 453 9339 | fanief@mpo.co.za

Published on Thursday, 31st March 2022 - 15:03

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer