DIE EFFEK VAN COVID-19 OP DIE SUIWELBEDRYF

Persverklaring: Vir onmiddellike vrystelling
3 April 2020

Oor die afgelope paar dae het dinge dramaties in ons land verander as gevolg van die COVID-19-virusinfeksie. Geneties is die virus nou verwant aan die coronavirus wat verantwoordelik was vir die SARS-pandemie wat in 2003 ook in China begin het. COVID-19 is al die derde coronavirus afkomstig van diere wat oorgegaan het na mense. Dit is hoogs virulent en kan ernstige siekte by mense veroorsaak.

Wat gebeur in die suiwelbedryf tydens tuisinperking?
Die Melkprodusente-organisasie (MPO) ondersteun die drastiese maatreëls wat president Cyril Ramaphosa aangekondig het om die verspreiding van die COVID-19-virus te beperk. Die MPO maak deel uit van die tegniese taakspan wat die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling aangewys het, met subkomitees vir ekonomie, maatskaplike uitwerking en kommunikasie. Die komitees funksioneer virtueel en die MPO sal die belange van melkprodusente ten alle tye bevorder.

Met die 21 dae-tuisinperking word baie van ons vryhede weggeneem en een basiese aspek, naamlik ons behoefte aan kos, is op almal se lippe. Miljoene mense is daagliks afhanklik van melk en melkprodukte as deel van hulle dieet omdat melk energie, proteïen en baie vitamiene en minerale in een produk voorsien. Afgesien van die voedingswaarde van melk en melkprodukte, voorsien dit ook werk aan baie mense en sodoende ekonomiese sekuriteit aan baie families.

Ons land se mense moet weet dat ons melkboere en die melkverwerkers selfs in hierdie baie moeilike tyd onverpoosd werk om in die land se suiwelbehoeftes te voorsien. Voedsel en voedselvoorsiening word gesien as ’n kritieke diens wat die gesondheid en veiligheid van ons landsburgers moet ondersteun, en daarom sal melkproduksie en -verwerking selfs tydens die 21 dae-tuisinperking voortgaan.

Produksieverwante dienste soos veeartsenykundige dienste, die verskaffing van plaagdoders en medisyne vir diere, asook voer en watervoorsiening sal ook voortgaan. Weens die beperking op mense se bewegings kan die vraag na melk moontlik afneem – om dit te voorkom versoek die MPO kleinhandelaars om die melkprys in die winkels te verlaag om die geleentheid aan almal te bied om melk en melkprodukte te kan aanskaf in hierdie besondere uitdagende periode.

Wat moet die melkprodusente op hul plase doen?
Gesonde individuele selfregulering op elke plaas is die hoofvereiste. Kontak met persone buite die plaashek moet tot ’n minimum beperk word, en waar moontlik moet die werksmag tot die noodsaaklike minimum afgeskaal word. Maskers, handskoene en ontsmettingsmiddels moet ook verskaf word. Verder kan die publiek verseker wees dat die virus nie deur gepasteuriseerde melk oorgedra kan word nie. Suid-Afrika kan verseker wees dat landboubedrywighede sal voortgaan en dat die melkbedryf alles sal doen om steeds ’n gehalteproduk te lewer.

Vertrou op suiwel – ons sal saam deur hierdie krisis kom!

Uitgereik deur die MPO
Volg #MilkMpo op Twitter en @MilkProducersSA op Facebook, of besoek mpo.co.za vir meer inligting.
Laai die MPO Persverklaring hier af

Published on Monday, 6th April 2020 - 06:57

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer