DIE GEMIDDELDE MELKPRYS VIR BOERE MOET MINSTENS R5,56 WEES

 

MPO AANWYSER 13/22 SEPTEMBER 2020

Die raming vir die produksie van onverwerkte melk vir Augustus 2020 is 228 miljoen liter, 1,5% minder as in Augustus 2019. Die kumulatiewe produksie van onverwerkte melk vir 2020 (Augustus ingesluit) was 2 057 miljoen liter, wat dui op negatiewe groei van –0,6% vir die eerste agt maande van 2020 indien dit vergelyk word met dieselfde tydperk in 2019 (bron: Melk SA laaste twee maande voorlopig). Februarie 2020 was ’n skrikkelmaand, en indien die maand aangepas word na 28 dae, neem die persentasie negatiewe groei vir die eerste agt maande toe tot –1,1%.

As daar verder teruggekyk word, was die groei in 2019 vir die eerste agt maande 0,5%, en vir die eerste agt maande van 2018 was dit 6,6%. Die 2018-basis was dus baie hoog, wat agtergrond bied vir die daaropvolgende laer groeikoerse.

Tabel 1: Kumulatiewe produksie van onverwerkte melk (’000 ℓ)

Eerste agt maande van 2018 2 058 400
Eerste agt maande van 2019 2 069 510
Eerste agt maande van 2020 2 056 519

Uit die tabel hierbo blyk dit duidelik dat produksie in 2019 gestagneer het en in werklikheid ingekrimp het in 2020. Daar moet uitgewys word dat produksie in 2018 te aggressief gegroei het, en dit het aanleiding gegee tot die grafiek hieronder.

Bron: Statistiek SA

Die MPO het konsekwent op die gegewens in die grafiek hierbo gereageer met die kommentaar dat die verlaging in plaaspryse te skerp was en te lank geduur het. Die MPO het gewaarsku dat ’n prysverlaging van hierdie omvang die bedryf oor die kort en medium termyn sal benadeel, boere se reserwes sal uitput, boere sal dwing om skuld te maak om te oorleef, en hulle sal dwing om die bedryf te verlaat. Dit het alles gebeur terwyl rolspelers verder af in die waardeketting Suid-Afrikaanse rand geskep het. Die waarskuwende kommentaar van die MPO is geïgnoreer. In ’n poging om die versnellende afname te stuit is verwerkers nou besig om pryse in die lente te verhoog om voorsiening in die winter van 2021 te beskerm.

Om die situasie wat in die grafiek hierbo geïllustreer word, reg te stel moet die gemiddelde pryse wat aan boere betaal word ten minste R5,56 wees. In die grafiek hieronder is hierdie prys gebruik om te simuleer wat die effek sal wees op die produsenteprys-indeks (PPI) van onverwerkte melk. Dit sal die PPI vir die boer slegs verhoog tot marginaal binne die tendensband van die ander twee indekse.

Melkboere is tans in ’n goeie posisie om prys- en kontrakterme te onderhandel.

Die MPO is meer as gewillig om alle rolspelers in die waardeketting by te staan met objektiewe inligting oor die primêre bedryf en markinterpretasie.

Bertus van Heerden, hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die MPO Aanwyser 13 22 Sep 2020_Finaal pdf hier af

Published on Tuesday, 22nd September 2020 - 15:08

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer