Die MPO Kondig Nuwe Ampsdraers Vir 2020 Aan

COLIN WELLBELOVED WORD VERKIES AS VOORSITTER VAN DIE NASIONALE MPO-RAAD VAN DIREKTEURE; Colin Wellbeloved, voorsitter van die KwaZulu-Natal-streek van die MPO, is verkies tot voorsitter van die Nasionale MPO-raad van direkteure tydens die direkteursvergadering na die nasionale algemene jaarvergadering op 10 Oktober te Elsenburg in die Wes-Kaap.
Volg #MilkMpo op Twitter en @MilkProducersSA op Facebook om na al die beste MPO-galadineeoomblikke van Woensdag, 9 Oktober, te kyk.

ELSENBURG, STELLENBOSCH – 11 Oktober 2019 – Die 2019 Algemene Jaarvergadering (AJV) en  galadinee van die MPO is van stapel gestuur om melkboere van regoor Suid-Afrika te fasiliteer om bymekaar te kom, idees te deel, nuwe kontakte te maak en die rigting te bepaal vir die MPO in 2020. Een van die funksies van die MPO-raad is om verkiesings vir die volgende jaar se nasionale raad van direkteure te hou. Ons is bly om ʼn sterk ampsdraerspan aan te kondig wat vir 2020 verkies is.

Die direkteure het eenparig die volgende verkies:

  • VOORSITTER – Colin Wellbeloved (MPO KwaZulu-Natal)
  • VISE-VOORSITTER – Zola Gebeda (MPO Oos-Kaap)

Die verdienstelike direkteure namens die melkprodusente vir die nuwe termyn is dus:

  • Colin Wellbeloved (MPO KwaZulu-Natal, voorsitter)
  • Zola Gebeda (MPO Oos-Kaap, vise-voorsitter)
  • Dr. Graham Carr (MPO KwaZulu-Natal)
  • Fanie Ferreira (MPO Vrystaat)
  • Douglas Dickson (MPO Noord)
  • Hannes Nel (MPO Wes-Kaap)
  • Ben van Greunen (MPO Wes-Kaap)

Die uitvoerende direkteure is:

  • Dr. Chris van Dijk (MPO Nasionaal)
  • Boet Pretorius (MPO Nasionaal)

Die nuwe ampsdraers begin hul termyn op 10 Oktober. Streeksverkiesings word gehou om die vakante poste van direkteur MPO Oos-Kaap en direkteur MPO KwaZulu-Natal te vul.

Ons wens u alles van die beste toe vir die toekoms.

OOR COLIN WELLBELOVED:
Colin is ʼn derde generasie melkboer wat Holsteins boer op die Melrose Farm naby Boston in KwaZulu-Natal. Hy benadruk die belangrikheid daarvan om goeie rekords te hou oor al die verskillende komponente van sy melkboerdery. Colin glo dat daar krag lê in saam werk aan ʼn gemeenskaplike doel en moedig die rolspelers in die suiwelwaardeketting aan om dit te doen om ongekende sukses vir almal te skep.

Vind die MPO aanlyn:
Webwerf: www.mpo.com
Facebook: www.facebook.com/MilkProducersSA
Twitter: @MilkMpo

Oor die MPO-direksie:
Die rol van die MPO-raad van direkteure is om die organisasie namens die lede van die MPO gesamentlik te bestuur tot voordeel van die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf.

Vir meer inligting:
Barbara Bieldt
Voldoeningsbeampte
barbara@mpo.co.za
Sel: 083 235 2629

Colin Wellbeloved, voorsitter MPO-raad van direkteure

Published on Friday, 11th October 2019 - 14:00

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer