DIE MPO TREUR OOR DIE AFSTERWE VAN BERTUS DE JONGH

5 Mei 1949–15 April 2020

 

Gisteroggend, die 15e April, terwyl elkeen van ons ons dagtaak in hierdie moeilike omstandighede met COVID-19 begin het, het ons die baie hartseer nuus ontvang dat Bertus de Jongh oorlede is.

Bertus is 70 jaar gelede op Malmesbury gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Swartland, waarna hy ʾn graad in ekonomie aan die Stellenbosch Universiteit behaal. Bertus het in 1991 by die destydse Suiwelraad aangesluit as assistent-bestuurder verantwoordelik vir bemarking.

In Junie 1992 moes hy die deregulering van die destydse Suiwelraad onderneem, en in 1993 is hy aangestel as die bestuurder van die gedereguleerde Melkraad wat van toe af bekend gestaan het as die Melkprodusente-organisasie (MPO). Hy het die MPO met oorgawe en entoesiasme gevestig as een van die vooraanstaande produsente-organisasies in Suid Afrika.

Na meer as 25 jaar in die suiwelbedryf tree Bertus in April 2015 af as uitvoerende hoof van die MPO. In sy jare van toewyding by die MPO het hy ʾn wesenlike verskil in die melkbedryf gemaak. Bertus was altyd ʾn kampvegter vir die boer en hy het ʾn platform daargestel wat dit vir my en my span maklik gemaak het om sy visie vir die bedryf verder te dra en uit te bou. Hy was dinamies, beginselvas en het die vermoë gehad om die betrokkenheid van ʾn hele span te verkry.

Ek is seker elkeen wat die voorreg gehad het om saam met Bertus te werk sal saamstem dat hy op baie maniere ons lewens verryk het en dat hy ʾn baie groot voetspoor nalaat.

Aan Lida en haar kinders baie sterkte in hierdie baie moeilike tyd.

Bertus, die suiwelbedryf gaan jou mis!

 

Dr. Chris van Dijk

Uitvoerende hoof

Published on Thursday, 16th April 2020 - 17:56

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer