DIE OORWIG VAN WAARSKYNLIKHEDE DUI OP SWAKKER VRAAG

 

MPO Aanwyser 5/28 Maart 2020

Alhoewel dit moeilik is om te kwantifiseer, kan daar met redelike sekerheid aanvaar word dat verbruikersgedrag gaan verander in reaksie op die inperking van menslike aktiwiteite, beweging van mense, fabrieke en besighede se afsetpunte. Verbruikersgedrag het reeds verander en sal in die toekoms verder verander in reaksie op drie kwartale van negatiewe ekonomiese groei in Suid-Afrika gedurende 2019.

Die inperking van ekonomiese aktiwiteite wat op 15 Maart 2020 aangekondig is en aggressief uitgebou is op 23 Maart 2020 (21-dae tuisinperking) sal veroorsaak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die eerste kwartaal van 2020 negatief groei met positiewe groei wat in die tweede kwartaal moelik behaal sal word en eintlik ontmoontlik is. Hierdie negatiewe groeivlakke sal verbruiksbesteding in totaliteit verswak en en ook die produkte-hoeveelhede en -kombinasies wat gekoop word verlaag.

In dié verband kan verwag word dat die vraag na suiwelprodukte onder druk gaan wees soos wat verbruiksbesteding verminder en verder gaan verswak as gevolg van die inperking op beweging van mense en die tipiese besighede wat suiwelprodukte verbruik (bv. koffiewinkels, kitskosrestaurante) wat gesluit is. Die effek op die suiwelbedryf is dus tweeledig:

  1. Die inperking van menslike aktiwiteite gaan die reëlmaat van aankope en produkkombinasies en -hoeveelhede verander; en
  2. Die benarde stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan die omvang van die verlaagde vraag na suiwelprodukte verswaar.

Die MPO se waardering van die marksituasie is ‘n scenario van verswakte vraag na suiwelprodukte en ons moedig suiwelboere aan om hiervan kennis te neem en markgeorienteerd te produseer.

Betreffende uitvoere; is ons beperkte afhanklikheid van uitvoere in die totale bedryfskonteks in dié omstandighede voordelig en die suiwelsektor behoort relatief ongeskonde daarvan af te kom teenoor die groot uitvoerlande, soos Nieu Seeland en die VSA. Ons verkope aan die ander lande van die Suid-Afrikaanse Doeane Unie (SADU) is meer as 90% van die totale uitvoere en vanwee die tipe uitvoere (meestal hoë-waarde suiwelprodukte) en die kanaal van verkope in die lande (tipies Suid-Afrikaanse kleinhandelsgroepe wat in die lande opereer) behoort die effek minimaal te wees, indien enigsins. Die produkte is tipies gemik op LSM 5-verbruikers en hoër.

‘n Verdere aspek wat die moeite werd is om genoem te word is die ontwrigting van produkvloei in die tradisionele uitvoermarkte wat na ander markte gaan vloei en in Suid-Afrika kan opland. Die onlangse verswakking van die Rand (meer as 20% van Januarie 2020 tot waar ons nou is) is egter ‘n teenvoeter hierteenoor. Agri Inspec het nietemin in die verband die fokus op suiwelinvoer-monitering en vraghouerondersoeke verskerp. Die samewerking wat Agri Inspec in die verband vanaf Doeane en Aksyns ontvang is merkwaardig.

Bertus van Heerden, hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die pdf-MPO Aanwyser 5 hier af

Published on Saturday, 28th March 2020 - 07:59

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer