EINDJAARSBOODSKAP VAN DIE MPO

Wie sou kon dink dat 2021 so ’n groot jaar in ons konteks sou wees? Die meeste dele van die land het rekord-hoë reënval ontvang, rekord-hoë gewasopbrengste, en rekord-hoë melkpryse (selfs al het dit nie so gevoel nie). Dit ly egter geen twyfel nie dat handelsterme steeds uitdagend is, met insetkostes wat die hoogte inskiet.

Die lang verwagte herstrukturering van die MPO werp alreeds vrugte af. Ons het ons finansiële posisie gestabiliseer, meer lede het aangesluit, en ons het nou ’n lenige, hoogs doeltreffende organisasie. Die MPO direksie het die voorreg gehad om agt onderhoude te voer uit dosyne aansoeke vir die pos van hoof- uitvoerende beampte. Ons het ’n uitmuntende kandidaat geïdentifiseer wat ons binne die volgende paar dae gaan bekendstel – sodra alle nodige formaliteite afgehandel is. Hou hierdie ruimte dop!

Dit bly ’n feit dat melkprodusente onder geweldige finansiële druk verkeer, omdat ons insetkostes baie vinniger styg as ons melkinkomste. Die georganiseerde geweld en plundering regoor KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie, tesame met die ontwrigting van die pandemie, kon maklik ’n spyker in die doodskis van die melkbedryf gewees het. Die vinnige herstel van ons hele bedryf spreek egter boekdele oor ons veerkragtigheid. Ons produksie is slegs marginaal laer in vergelyking met die vorige jaar. Die rooi vlaggies is egter baie sigbaar, en ek weet van ’n aantal boere wat besig is om te investeer in alternatiewe wat beter winste oplewer.

Ek kan nie my boerdery bedryf sonder my gesin, my personeel, my direksie, my verskaffers, my veearts, my bure – en natuurlik my melkkopers nie. Ek dink dit is die gepaste tyd om hulle almal te bedank en te beklemtoon dat ek nie sukses kan behaal sonder enigeen van hulle nie. ’n Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar wens ek u toe. – Colin Wellbeloved

Published on Friday, 10th December 2021 - 04:36

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer