HOOFAKSIES AANGEPAK DEUR DIE MPO NA DIE AFKONDIGING VAN DIE 21-DAE TUISINPERKING

 

MPO FLITS 1/31 Maart 2020

  1. Dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die MPO is lid van die Covid-19-taakspan wat die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling ondersteun.
  2. Die MPO hou in die volgende twee dae vergaderings met van die groot kleinhandelaars om hulle in te lig oor die marksituasie in die primêre suiwelbedryf, om uit te wys dat enige invoere (spesifiek in hierdie tyd) onnodig is, en om te benadruk dat die vraag-elastisiteit van suiwel goed gebruik kan word om vraag te stimuleer en daardeur die verbruiker te help om vitamieninname te verhoog en immuniteit te versterk.
  3. Die MPO het ‘n versoek aan Melk SA gemotiveer om die melkvloei-statistiek weekliks aan te vra en beskibaar te stel aan die mark.
  4. Die MPO is bewus daarvan dat Lancewood op 30 Maart aangekondig het dat die produsenteprys met ingang 1 April 2020 met 45 sent verlaag gaan word. Dit is nie ‘n Aprilgrappie nie. Die MPO is besig met ‘n reeks aksies om die onnodigheid hiervan uit te wys en te probeer keer. Die MPO-lede sal per skrywes en in die pers ingelig word oor wat hieruit voortvloei. Die aksies het reeds vandag afgeskop.
  5. Die MPO is ook besig met ‘n verskeidenheid inisiatiewe om via sosiale media, radio- en TV-onderhoude die voordele van melk-en melkprodukverbruik uit te wys. Melk is propvol noodsaaklike nutriënte wat jou immuniteit versterk en help met die bekamping van virusse, ook as teenvoeter teen die Covid-19-virus. Die MPO-lede word gevra om saam op die sosiale media platforms te woeker deur MPO-suiwelbrokkies te like en share om die digitale voetspoor via Facebook, Twitter en Whatsapp so te vergroot en die boodskap na Jan Publiek uit te dra.
  6. Met die tuisinperking is die druk van The Dairy Mail se Mei-uitgawe ook vertraag, maar die Mei-uitgawe sal beslis digitaal beskikbaar wees teen 1 Mei 2020.

 

Published on Tuesday, 31st March 2020 - 19:21

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer