Innovation Awards 2018 – Afrikaans

4 May 2018

Vir onmiddellike vrystelling

Persvrystelling uitgereik deur dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie

 Tyd om met innovering te spog

 Die MPO kondig met trots aan dat die 2018 The Dairy Mail Innoveringstoekennings oop is vir inskrywings. Hierdie toekennings, wat vanjaar die vyfde keer gemaak gaan word, is ontwerp om maatskappye en produkte te vereer wat tegnologiese oplossings konseptualiseer en vervaardig om die Suid-Afrikaanse melkboere te help om hul bekwaamheid, produktiwiteit en winsgewendheid te verbeter.

As jou maatskappy ’n produk het wat op die voorpunt van die tegnologie is en jy glo dit verdien erkenning, bied die 2018 The Dairy Mail Innoveringstoekennings jou die geleentheid om jou produk in die kollig te plaas.

Die suiwelbedryf ondervind tans heelwat uitdagings, en dit beklemtoon die kritieke rol wat innovering speel om melkboerderye meer mededingend en volhoubaar te maak. Dit is waarom die MPO innovering in die suiwelbedryf met toekennings aanmoedig en beloon.

Inskrywings moet oorspronklik en bruikbaar wees en waarde toevoeg tot die ondernemings van melkboere en -produsente landswyd. Indien jy oortuig is dat jou maatskappy se produk aan die maatstawwe van die kompetisie voldoen, dan is dit ’n eersteklas-kandidaat vir hierdie gesogte toekenning in die suiwelbedryf. Redakteur van The Dairy Mail Robyn Joubert sê: “Die Innoveringstoekennings bied ’n toonvenster vir die jaar se ambisieuse nuwe produkte en ontwikkelings afkomstig van ’n hele reeks maatskappye, klein en groot. Om die finaliste en die wenner dop te hou is altyd ’n uitstekende manier om uit te vind wat die volgende groot tendens in die bedryf gaan wees.”

Om vir die prys in aanmerking te kom moes jou produk die Suid-Afrikaanse suiwelprodusentemark tussen 1 Julie 2017 en 30 Junie 2018 betree het. Inskrywings word in ’n verskeidenheid kategorieë aanvaar, insluitend innovasies op die plaas, suiwelverwerkingsinnovasies, en innovasies in inligtingstegnologie en bestuurstelsels.

Inskrywingsvorms is beskikbaar op die MPO-webtuiste – www.mpo.co.za – asook die webtuiste van Agri Connect – www.agriconnect.co.za. Voltooi die inskrywingsvorm en stuur dit aan die redakteur van The Dairy Mail by robyn@agriconnect.co.za nie later nie as 30 Junie.

Die wenner word aangekondig op die jaarlikse MPO-galadinee. Die wenproduk kry blootstelling in ’n vyfblad-artikel in die Desember-uitgawe van The Dairy Mail om dit bekend te stel aan ’n wye verbruikersbasis in die gemeenskap van melkprodusente.

 

EINDE

Published on Friday, 4th May 2018 - 16:12

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer