INTERNASIONALE SUIWELPRODUKPRYSE IN VSA DOLLAR TERME BEHAAL STEWIGE GROEI IN DIE LAASTE SES MAANDE VAN 2021 EN GROEI SELFS NOG MEER AGRESSIEF IN RANDTERME

MPO AAWYSER 1/4 Januarie 2022

 

Drie van die mees internasionaal-verhandelde suiwelprodukte het stewige groei in pryse behaal in die laaste ses maande van 2021. Botter verhoog met 29%, afgeroomde melkpoeier (AMP) met 15% en Cheddar met 24%. Volroommelkpoeier (VMP) beweeg hoofsaaklik sywaarts. Die hoofdrywer agter die verhoogde pryse is beperkte uitvoervoorraad.

Figuur 1 Internasionale suiwelprodukpryse (vry-aan-boord) Jan 2011–Des 2021

(Bron: VSA Departement Landbou)

In figuur 2 word die internasionale suiwelprodukpryse aangetoon in randterme. Drie van die vier produkte se pryse is op die hoogste vlakke van die afgelope 10 jaar, terwyl VMP op die tweede hoogste vlak is. In die laaste ses maande van 2021 het die rand met nege persent gedepresieer teen die VSA$ en die gekombineerde effek van die swakker rand en die verhoogde internasionale suiwelpryse het die randpryse van suiwelprodukte aangevuur tot die hoogste vlakke nog; botter verhoog met 40%, AMP met 25%, Cheddar met 35% en VRM met 10%.

Figuur 2 Internasionale suiwelprodukpryse (vry-aan-boord) Jan 2011–Des 2021

(Bron: VSA Departement Landbou, JEB Finansiële markte)

Die situasie in die internasionale suiwelmark word bevestig deur verhandelings wat op die Global Dairy Trade Index plaasgevind het. Die tendens oor die laaste ses maande van 2021 is soortgelyk aan die tendens in figuur 1.

Figuur 3 Global Dairy Trade index

(Bron: Global Dairy Trade Events)

 

Bertus van Heerden, hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

 

Laai die MPO Aanwyser 1 van 4 Jan 2022 hier af in PDF-formaat

Published on Monday, 10th January 2022 - 14:15

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer