Markkonsentrasie stroom-af in die suiwelwaardeketting vernietig die primêre bedryf

 

MPO Aanwyser 2/2020 (31 Januarie 2020)

 

Die onderstaande grafiek bevestig hoe meedoënloos die Suid-Afrikaanse melkprodusent uitgemelk word. Terselfdertyd word die Suid-Afrikaanse verbruiker ook getap deur die marges wat na die plaashek gehef word. Die vraag is, is dit oor geldgierigheid en druk op kleinhandelaars/prosesseerders deur aandeelhouers wat sekere opbrengste najaag, of is daar grootskaalse oneffektiwiteite in die stroom-af deel van die waardeketting. ʼn Derde alternatief is dat daar geen slaap verloor word in die stroom-af deel van die waardeketting, oor die voorsiening van die rouproduk nie, want invoere kan maklik tekorte aanvul.

Bron: Statistiek SA (2-houer, volroom-varsmelk) en die MPO

Die verskil tussen die produsenteprys en die kleinhandelsprys word al hoe groter en die tempo van die groter wordende verskil dui aan hoe die konsentrasie in die mark die primêre bedryf vernietig en dit grens aan die uitbuiting van die verbruiker. Die verskil in die Januarie 2010 produsenteprys en die kleinhandelsprys was R5,44 (R8,44 minus R3,00). Die verskil in Desember 2019 was R9,56 (R13,86 minus R4,30). Die verskil het met 76% gegroei. Tussen die melkprosesseerders en die kleinhandelaars word daar ten koste van die melkboer groot winste gemaak of daar is oneffektiwiteite wat goedgemaak word tot nadeel van die melkboer, en tot ʼn groter mate die verbruiker.

Die markkragte in die suiwelbedryf is in die hande van die groot kleinhandelaars en prosesseerders. Hierdie gekonsentreerde markkrag is besig om die primêre bedryf stelselmatig te vernietig, dit bedreig werksgeleenthede in die primêre bedryf en ook in die stroom-op waardeketting en loop die gevaar om die primêre bedryf se vermoë om finansiering te bekom te knou. Dit is voorts ʼn bedreiging vir swart ekonomiese bemagtiging in die primêre bedryf deurdat dit toetreding net soveel moeiliker maak. Dié konsentrasie is die een enkele faktor wat die meeste bydra tot die mislukking van die suiwelmark. Die asimmetrie van inligting in die bedryf waar die stroom-af rolspelers in die waardeketting oor meer en beter inligting beskik vererger die onvermoë van die mark om te funksioneer.

Dit lei tot ʼn wanbalans in die magsverdeling binne-in ʼn transaksie wat eindig dat die boer die transaksie moet aanvaar soos aangebied. Die MPO het reeds met die Nasionale Bemarkingsraad kontak gemaak om op te tree as fasiliteerder tussen die MPO en die Mededingingskommissie. Terselfdertyd is die MPO reeds in gesprekke met lede oor die posisionering van die bedryf.

Bertus van Heerden, hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Published on Friday, 31st January 2020 - 15:33

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer