MASSIEWE STYGINGS IN INSETPRYSE HET DIE PRODUKSIEKOSTE VAN ONGEPROSESSEERDE MELK DRASTIES VERHOOG

MPO AANWYSER 6/7 Oktober 2021

  

Ureum- en superfosfaatpryse

In Augustus 2020 was die prys VS$249,50 (R4 298,88) per ton en 12 maande later, in Augustus 2021, het die prys gestyg tot VS$446,88 (R6 600,40) per ton. Dit is ʼn styging van 79% in VS$-terme, en in ZAR-terme is dit 53,5%.

Die prys in September 2021 het egter verder drasties opgeskiet tot VS$623 (R9 313) per ton, wat ’n styging van 116,6% in ZAR-terme verteenwoordig in vergelyking met die September 2020-prys.

Die jongste prys soos gekwoteer op ’n plaas afgelewer in KwaZulu-Natal was R10 245 per ton.

In Augustus 2020 was die prys VS$276,25 (R4 759,78) per ton en 12 maande later, in Augustus 2021, het die prys gestyg tot VS$555 (R8 197,35) per ton. Dit is ’n styging van 101% in VS$-terme en in ZAR-terme is dit 72,2%.

Die pryse in Figure 1 en 2 sluit vrag- en versekeringskoste uit. Figuur 3 toon die verloop van vragkoste.

Die Baltiese Droog-indeks weerspieël die koste om droë kommoditeite soos graan en bemestingstowwe te verskeep. Dit is duidelik dat hierdie koste tans rekordhoogtepunte bereik. Hierdie rekordkoste sal lei tot dramatiese verdere stygings in die koste van gelande kunsmis.

Net in September 2021 het die indeks met 32,5% gestyg en die mark verwag verdere stygings in Oktober 2021.

Bogenoemde is hoofsaaklik te wyte aan die nasleep van die wêreldwye harde grendeltyd in 2020. In daardie tyd is produksie-uitsette en logistieke kapasiteit verloor. Die wêreld probeer nou inhaal en in dié proses het baie kommoditeitspryse, vervoerkoste en produkpryse drasties gestyg.

Graanpryse

Die kombinasie-voermeelprys het sedert Mei 2020 skerp gestyg en dit wil voorkom of daar ’n nuwe prysregime in die proses onstaan het. Internasionale growwe graanvoorrade is laag en dit dryf die hoër vlakke van graanpryse wêreldwyd. Die gemiddelde prys vir die kombinasie-voermeel het met 46% gestyg van 2019 tot 2021.

Ander insette soos elektrisiteit is met 18,7% op en basiese staal en yster met 44% oor die tydperk Augustus 2020 to Augustus 2021. Bron StatsSA.

Die verhoogde kostestruktuur wat op melkplase voorkom, soos hierbo uiteengesit, is abnormaal agressief. Die suiwelwaardeketting sal oor die volgende drie maande slim te werk moet gaan teen die agtergrond daarvan dat alle aanduidings daarop wys dat produsentepryse nie kan daal nie maar eerder gaan verhoog. Die Suid-Afrikaanse verbruiker swaar trek weens die swak Suid-Afrikaanse ekonomie, met die gepaardgaande negatiewe effek op besteebare inkomste.

Bertus van Heerden

Hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die MPO Aanwyser van 6 Oktober 2021 hier af

Published on Thursday, 7th October 2021 - 15:10

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer