MPO

MPO KONDIG DIE SLOTSOM VAN DIE STRATEGIESE HERSTRUKTURERINGSPROSES AAN

MPO PERSVERKLARING

Vir onmiddellike vrystelling

5 Oktober 2021, Pretoria – Die operasionele proses om die MPO te herkalibreer tot sy geteikende funksies en tot voordeel van sy lede, is afgehandel, luidens ’n aankondiging vandag deur die direksie van die Melkprodusente-organisasie (MPO). Die ondersoek na strategiese en strukturele verandering is in Mei vanjaar begin en die proses van herstrukturering is vroeg in Oktober voltrek, wat die organisasie se arbeidsmag met ongeveer 60% verminder het.

Die MPO waardeer die bydraes wat alle werknemers lewer ongeag hul ouderdom, maar erken nietemin dat ’n mate van werknemers-omset noodsaaklik is ten einde nuwe vaardighede en benaderings in te bring of om aktiwiteite wat ’n effek op die sukses van die MPO het, te herfokus. ’n Aftreebeleid wat bepaal dat die normale pensioenouderdom vir alle werknemers 65 jaar is, is in Julie ingestel. Die polis bepaal dat aftrede van krag word aan die einde van die kalendermaand waarin die werknemer die ouderdom van 65 jaar bereik.

“Deur ons bedryf meer vaartbelynd te maak, skep ons ’n leniger organisasie met groter finansiële buigsaamheid, wat hoogs gefokus is op kernfunksies. Ons bied ook ’n platform vir koper–verkoper-onderhandelinge met die voorsiening van markinligting, en verleen terselfdertyd hefboomkrag aan ons leierskap terwyl ons op gedissiplineerde wyse sakeontwikkeling nastreef om die mark uit te brei,” sê Colin Wellbeloved, voorsitter van die MPO-direksie.

Die MPO wil graag sy lede op alle vlakke betrek om bekwaamhede regdeur die organisasie te optimiseer en om pasgemaakte dienste te ontwikkel wat ’n werklike verskil op die plaas kan maak. Ons beoog om deur middel van deursigtigheid en korporatiewe integriteit ’n nuwe toekoms te skep. Sommige van die huidige posisies in die MPO het oorbodig geraak en is dus afgeskaf. Die personeel van die Instituut vir Suiweltegnologie, Regulatoriese en Lededienste is geraak.

“Veranderinge van hierdie aard is nie maklik nie, en ons erken dat dit ’n persoonlike impak het op mense wat toegewyd was aan die missie van die MPO. Ons bedank in besonder vir Barbara Bieldt en Philip Swart vir hul bydraes tot die MPO se prestasies. Hoewel uiters moeilik, was hierdie veranderinge noodsaaklik om die organisasie in staat te stel om ’n lewensvatbare langtermyn-prestasie te lewer, wat steun verleen aan ons vermoë om volhoubare melkboerdery te ondersteun en uit te bou,” aldus Fanie Ferreira, waarnemende uitvoerende hoof van die MPO.

Maatskappye binne die MPO-groep, naamlik Agri Connect, The Dairy Mail, en Agri Inspec, het van eienaar verander, maar bly op kontrakgrondslag ’n integrerende deel van die MPO se diensaanbod. Die deel van inligting en kommunikasie met lede en rolspelers, terwyl die MPO se boodskap doeltreffend oorgedra word in sy eie spreekbuis, The Dairy Mail, asook deur ’n volle spektrum van mediaplatforms, bly noodsaaklik en die monitering van forensiese insette bly ’n kernfunksie. Die Agri Travel-onderneming is gesluit en kennis is aan eksterne kliënte gegee, maar reisdienste is vir interne gebruik behou.

Die werwing van ’n nuwe uitvoerende hoof vir die MPO behels die vind van die kandidaat met die beste vaardighede en ervaring om by die pos te pas. Die proses is op dreef, ’n reeks CV’s is ingesamel en hersien, en ’n lys van tien belowende kandidate is gedistilleer. Signium Africa Executive Recruitment Company sal die eerste onderhoude voer en die MPO-direksie hoop om teen die einde van die jaar uiteindelik die nuwe uitvoerende hoof te kies en aan boord te neem.

Die MPO-raad is bemoedig deur die positiewe ondersteuning wat tydens hierdie moeilike proses ontvang is en spreek hul hartlike dank uit aan die melkboere vir hul vertroue in die direksie.

“Ons bedank Derek Redfern van Redfern en Findley vir sy regsadvies en ondersteuning en ons dank ons Hemelse Vader vir voortdurende genade in hierdie moeilike omstandighede,” sê Ferreira.

Die MPO-direksie sien daarna uit om MPO-lede op die virtuele algemene jaarvergadering op 14 Oktober en alle deelnemers in die suiwelbedryf op 19 Oktober by die jaarlikse virtuele kongres te ontmoet.

EINDE

Vir meer inligting, kontak:

Fanie Ferreira | 083 453 9339 | fanief@mpo.co.za

Colin Wellbeloved | 082 498 7838 | melrosefarm@vodamail.co.za

UITGEGEE DEUR AGRI CONNECT

Laai die MPO Persverklaring van 6 Oktober 2021 hier af

Published on Thursday, 7th October 2021 - 10:42

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer